0 8 h i r o b i n j . c o . z a

    TuisKontakBlogPotgooi08hirobinj showLuister

            

 

2008Argief

 Januarie tot Maart 

April tot Junie

Julie tot September

Oktober tot Desember

2007Argief

 Januarie tot Maart 

April tot Junie

Julie tot September

Oktober tot Desember

 

 

 

Hieronder is ons kontak besonderhede:

08hirobinj

 My status     

Skype: hirobinj

Messenger: (robinjdirect@hotmail.com)

Tel: +27(0)8hirobinj

email: info@08hirobinj.co.za

08hirobinj is my telefoon nommer, go figure! (anders kyk op jou 'qwerty' keybord van jou selfoon, volg die letters en vind die nommer 084 4762465)

Agtergrond

Die gogga het my al in die laat tagtis gebyt, met verskeie "fishbowl" - (winkel sentrum) radio werk in en om Pretoria. Ek daagliks een of ander vorm van radio in winkel sentrums soos Sunnypark, Tramshed, Wonderpark en saans DJ werk in verskillende uithang plekke soos Topaz, Monroes (Jacquelines & Oscars) en JD Blondes gedoen. Ek het selfs 'n keer of wat in Ceasers en Presleys gespeel.

Goeie dae gewees!!!

Met die koms van Gemeenskap Radio in Suid-Afrika doen ek my eerste "FM" uitsending op Radio Rippel 90.5 FM waar ek onder andere die middag spitstyd program, die Top 20 Treffers Parade en Jeug-Programme behartig het.

In hierdie tyd het ek gereeld in Hatfield geboer en goeie vriende geraak met die kunstenaars wat daar op tree, hulle genooi vir 'n onderhoud en hope nuwe (nou bekende!!) name ontmoet.

Ek het ook die geleentheid aangegryp om voor derduisende mense op Loftus Versveld aankondigings te doen (en 'n paar pryse uit te deel) en 'n bietjie van die hoendervleis gevoel ervaar wat Springbok rugby spelers kry as hulle opdraf voor 'n volgepakte stadion.

Later was ek ook een van die aanbieders van KykNET Televisie Program - DKNTT (Die KykNET Top Tien - musiek program) in 2002. 'n Nuwe w?/span>reld het vir my oopgegaan en hier besef ek die televisie bedryf is op sy eie planeet!

(WOW WAT 'N BELEWENIS!)

Augustus 2003 sluit ek by Radio Laeveld 100.5 FM aan en doen onder andere die Ontbyt- en Middag-Spitstyd Program.

Later het ek op Vrydae tussen 16h00 en 20h00 die spitstyd "Welkom In Jou W?eld", "Laeveld Sport" en "Een vir Jou Een vir My" programme aangebied. Op Saterdae tussen 05h00 en 09h00 het ek "Vars FM!", "Skommel Daai Ding", "Slim Vang Sy Baas" en "Die Hande In Die Tuin" gedoen.

Vandag doen ek nog steeds "Die 08hirobinj Potgooi" & "Die Hande In Die Tuin" met my mede aanbieder en geniet die program omdat ons oor baie meer as net die tuin gesels (wat weet ek in elkgeval van die tuin!!)

In Februarie 2007 word ek aangestel as Program Bestuurder by Radio Laeveld en slaan ek 'n nuwe rigting van uitsaai (nou agter die skerms) in. Radio in Suid Afrika is nog in sy baba-skoene en voorentoe gaan dit nog interesant word met die meng van kulture en ekonomiese ontwikkeling in die land en die invloed wat dit het op die nuwe media.

In 2004 praat ek met die organiseerders van Innibos en plant die saadjie vir innibos.fm wat drie jaar later gebore word met die regstreekse uitsending van die hoof verhoog reg oor die wereld. Vir 2008 beplan ons nog meer en word innibos.tv gebore. Nou kan jy enige plek in die wêreld die fees geniet deur jou internet! Besoek gerus http://www.innibos.tv.

 

08HRJ. 

                                                          < terug na bo

 

08hirobinj.co.za

Ons bly besig met verskillende projekte. Kyk en luister gerus na die Top 20 op Radio Laeveld.

Terloops, 08hirobinj is my telefoon nommer, go figure! (anders kyk hier links bo vir kontak besonderhede).

Blog!

Hier hou ek dagboek van wat gedurende die jaar met ons gebeur, waarheen ons gaan, wat ons doen maar ook meer spesifiek hoe die lewe hier in die Laeveld, in Suid Afrika is.

inniBOS.FM

Die Nasionale Innibos Kunstefees word jaarliks in Nelspruit aangebied en ons bring jou al die musiek, onderhoude met kunstenaars en besoekers, en eksklusief "live audio streaming" vanaf die hoofverhoog en al die optredes wat daar plaasvind. Jy kan regstreeks hier luister tydens die fees of die potgooie aftrek na die 2007 en voor die 2008 fees.

inniBOS.TV

NUUT! NUUT! NUUT!

Na die oorweldigende sukses verlede jaar van die Innibos Fees 2008 sien ons die terugkeer van inniBOS.FM nou ook inniBOS.TV met nie net "live audio" nie maar ook visuele "live streaming" van die vertonings op die hoofverhoog tydens die fees.

Wild Wheels Online

Ons ry saam met Wild Wheels Online op safari, op vakansie, na sport dae en feeste. Ons neem jou heen en weer tussen hotel of gastehuis en waar jy wil wees, met opgeleide en gekwalifiseerde toergidse.

Afrikaans.FM

Poort na alles wat Afrikaans is! (nog onder konstruksie)

Mypotgooi.co.za

Verskeie potgooie wat jy kan aflaai en op jou eie tyd na kan luister. Heelwat van die gewildste programme op Radio Laeveld word ook hier beskikbaar gestel aan jou. Dit sluit ook die 08hirobinj-Radio Laeveld Top 20 en Die Hande In Die Tuin Gesels Program in.

08hirobinj SHOW!

Die potgooi en vidgooi is nog onder konstruksie maar binnekort gereed.

 

free hit counter script
    Locations of visitors to this page    

© Kopiereg 08hirobinj 2007