Ek het die prentjie hier bo van my braai geneem tydens ons
potjie
laasnaweek en omdat dit die begin van my potgooi aandui sal dit ons POTGOOI
prentjie wees tot dat ek weer 'n gier in my gat kry om dit te verander.
Het jy ook 'n dagboek funksie op jou telefoon - met 'n
reminder wat afgaan wanneer jy naby aan jou volgende afspraak kom? Ek het
ook die funksie wat my gek maak
- dae gaan verby wat ek maar net die reminder "snooze" of net laat
verby gaan sonder om daarop te reageer, met as gevolg oor vyf dae kry ek
eers kans om terug te kyk wat moes ek onthou 'n paar dae terug! Dis soos
wanneer ek Sondag met die beste intensies die Rapport koop en as ek gelukkig
is kry ek volgende Vrydag tyd om dalk die voorblad te lees - ons kry elke
dag die Beeld afgelewer, maar het ek tyd om dit te lees?, hel nee!!
Ek wonder gereeld waarom ons altyd eers 17:30 elke aand by
die huis kom en daar is mense wat al teen 16:00 by die huis kan wees,
tekkies aantrek, gaan draf (of stap), of hul kinders se sport kan bywoon?
Sit ons in die verkeerde beroep? Verdien ons meer geld as hulle? Is ons net
plain weg stupid om soveel te werk en so min te kry? Het ons dan nie
hierheen getrek (weg uit die stad) om 'n rustiger lewe te hê?
Dink jouself in hoelaat ons eers by die huis sou kom as ons nog in die stad
gewoon het, hoeveel-te-meer, minder tyd sou ons dan met ons kinders
gespandeer het? Laat my wonder of ons nie maar net tevrede moet wees met
minder geld maar meer kwaliteit tyd nie?
Ons het die watergat by die Jock Fiets wedren gedoen van lekker vroeg
Saterdag oggend (5:30), maar toe die sonnetjie sy kop agter die bultjie
uitsteek was ons maar al te bly ons gee die water en Powerade aan in plaas
dat ons op 'n fiets sit en dit moes drink! Manne en vroue het poegaai bo op
die Boulders aangekom, woes uitasem en met die besef dat hulle nou eers
halfpad is (ten minste afdraende die volgende paar kilometer) die laaste
skof van die wedren aangedurf!!
Ek is weer bly dat ek 'n kar het en dat die sport my nie
weer byt nie!!!! Ek kan aan honderde ander dinge dink om myself moeg te maak
so vroeg op 'n Saterdag oggend!
Tot weer siens,
08HRJ
08hirobinj.co.za
Ons bly besig met verskillende projekte. Kyk en luister gerus na die
Top 20 op Radio Laeveld.
Terloops, 08hirobinj is my telefoon nommer, go figure! (anders kyk hier
links bo vir kontak besonderhede).
Blog!
Hier hou ek dagboek van wat gedurende die jaar met ons gebeur,
waarheen ons gaan, wat ons doen maar ook meer spesifiek hoe die lewe
hier in die Laeveld, in Suid Afrika is.
inniBOS.FM
Die Nasionale Innibos Kunstefees word jaarliks in Nelspruit aangebied
en ons bring jou al die musiek, onderhoude met kunstenaars en besoekers,
en eksklusief "live audio streaming" vanaf die hoofverhoog en al die
optredes wat daar plaasvind. Jy kan regstreeks hier luister tydens die
fees of die potgooie aftrek na die 2007 en voor die 2008 fees.
inniBOS.TV
NUUT! NUUT! NUUT!
Na die oorweldigende sukses verlede jaar van die Innibos Fees 2008
sien ons die terugkeer van inniBOS.FM nou ook inniBOS.TV met nie net
"live audio" nie maar ook visuele "live streaming" van die vertonings op
die hoofverhoog tydens die fees.
Wild Wheels Online
Ons ry saam met Wild Wheels Online op safari, op vakansie, na sport
dae en feeste. Ons neem jou heen en weer tussen hotel of gastehuis en
waar jy wil wees, met opgeleide en gekwalifiseerde toergidse.
Afrikaans.FM
Poort na alles wat Afrikaans is! (nog onder konstruksie)