0 8 h i r o b i n j . c o . z a

    TuisKontakBlogPotgooi08hirobinj showLuister

            

 

2008Argief

 Januarie tot Maart 

April tot Junie

Julie tot September

Oktober tot Desember

2007Argief

 Januarie tot Maart 

April tot Junie

Julie tot September

Oktober tot Desember

 

 

volgende >

10 Maart 2007

Die son het ons behoorlik gewiks met Interhoër (die interhoërskole atletiek byeenkoms waar die skole teen mekaar meeding in dieselfde streek) en die jaar was die skole: Nelspruit, Baberton, Lydenburg, Rob Ferreira, Bergvlam en die tuisskool Lowveld High. Vorige jare het daar agter die skerms heelwat dinge skeef geloop soos dogters wat aangerand was, voertuie gesteel ens. Die jaar was ons gereed om enige probleme te raporteer maar baie geluk aan Lowveld High wat die dag aangebied het sonder enige ernstig hic ups! Die sad nuus is dat my skool (Rob) nie gewen het nie, nie die gees beker, nie die sang beker nie, nie die atletiek nie, darem 'n paar medaljes in verskillende items maar daar het dit gebly!

 

Heel bedruk vertrek ons na die volgende watergat om ons dors te les en beland by die amptelike opening van die klubhuis van Classic Cars Nelspruit. As mens na die foto's teen die mure kyk sien jy die wonderlike verandering sien van die ou skuur wat dit eers was. Lekker gesels (en 'n soentjie of twee uitgedeel! - sien foto)! Amper het die gogga my gebyt maar vir eers toespits op die karavaanklub! Ek hou van die plek se betalingmetode - jy stap in, sit hoeveel jy ook al wil op 'n kaart en vandaar bestel net tot die geld op is - en glo my dit duur lank voor die kaart leeg is!!! (nou onthou ek, ek het nog 'n paar bob op my kaart - enige verskoning om weer terug te keer!!!) Ek maak nou ;'n versameling van "gevulde glasse foto's" bymekaar - hierdie een dan nommer twee van 'n reeks waiting to happen!!

 

Volgende week is weer troue tyd - die keer Yulandi se sus: Chereen! Sal foto's kom wys en blog oor hoe interesant troues hier in Suid Afrika is!

Binnekort meer nuus oor innibos 2007 en goed wat in die agtergrond gebeur!

Dit was 'n great naweek met die vertoning van Pieter Smit. Ons het reeds vroeg al ons sitplekke redelik naby aan die verhoog geplant en toe die eerste knertsie val was daar geen keer aan die spul saam singers nie! Vroegmiddag het ons gekook onder die Afrika son maar JD was gelukkig naby in daai koel boksie! Uiteindelik het ek oorgeslaan van die groot B na JD met water (gaan ongelukkig nie die name noem nie agv die sensitiewiteit daarvan - bolloks ek praat van Bavaria na Jack Daniels!!

 

Sien die foto's van die lekker atmosfeer - het 'n lekker "diep" gesprek met Pieter Gehad (mutual respek, big time!) en die ou probleem het weer opgeduik - die feit dat ons altyd die laaste is om te loop!!!!

< terug na bo

8 Februarie 2007   

….en ek dag dat die week bitter min gaan gebeur om op te noem, helaas eindig die week weer op n avontuur wat onvoorspelbaar verby my moes draf om seker maar net weer my geloof in ons land en mense te toets..

 

Eers het die week afgeskop met die aankondiging van die nuwe Program Bestuurder by Radio Laeveld!!     

Ek gaan die pos heel versigtig moet benader want dit is soveel makliker om in so ‘n posisie in te stap as jy van een maatskapy na ‘n nuwe beweeg en niemand ken jou nie as wat dit is wanneer jy voorheen saam met almal gewerk het en dan in ‘n posisie geplaas word waar jou besluite mense se werks omstandighede kan beinvloed.

Hoe dit ookal sy, ek sien uit na die uitdaging, hoop om na ten minste ‘n jaar te kan terugkyk en verskille te kan merk. Ons het soveel potensiaal met Radio Laeveld en soveel kan vermag word – een ding bly seker: die genot wat ons hieruit put kan vergelyk (of selfs beter!) met enige ander radio stasie in die land, want die werk bly dieselfde (en die fun!), dis net die hoeveelheid luisteraars wat verskil!!

 

Die ander happy ervaring was my verjaarsdag Vrydag, ons het omtrent vier dae in ‘n ry gevier van Donderdag (by die Spur met ons “gereelde stoepsitters +kids”), Vrydag oppie stoep (met “Dawie & Wilma” & Marthina +kids), Saterdag (Ma & Pa), Sondag (Pieter & Helen +kids) en amper Maandag aand weer toe Kirsti vra “pappa, wie kan ons nooi om vanaand by ons te kom kuier?”, helaas het ek wal gegooi.

 

Hey, ons het ‘n nuwe bus gekry, (long overdue!) om met drie woellige miniatuur stelle boudjies in ‘n Renault Clio langs ‘n watergat te sit, is warm, onplesierig en plakkerig.

Nou moet ek bel as ek iets vir iemand agter in die bus wil sê!

 

Dinsdag pak ek die langpad na Pietersburg in Limpopo. Doen eers aan in BaPhalaborwa en Tzaneen vir werk en ry met Magoebaskloof oor die berg na Pietersburg…………………...of so was die plan!

Net deur  Magoebaskloof verby Haernetsburg bars die linker voorband (17h30 in die aand!) en ek is gestrand bo op die pas met ‘n selfoon battery wat naby aan pap is! Ok, dag ek, trek gou T-shirt en short aan, ruil gou die band en dalk is ek nog betyds vir die Survivor finalé vanaand!

 

Nee nee, nie so maklik nie – daar op die plek waar die spaarwiel moes wees hang net ‘n geknipte draadjie soos ‘n  naelstring en die sakkie met tools is ook iewers anders as hier waar jy dit nodig het!!! Dammm!!!!

Met ‘n donderwolk wat oor die nek van die berg kruip en so nou en dan ‘n blits gooi, asof om te sê: “Robin jy moet jou gat roer, dis amper donker” sit ek op die foon na Cell C emergency en besef ek het groot “dubbel K met ‘n hoofletter A tussen in” as ek nie gou gehelp word nie want hierdie is ‘n prime hijack spot, en die feit dat die son ook genoeg van dié dag gehad het help ook nie veel nie!

 

So laat weet die Porsha (Cell C) my dat sy iemand sal kry wat ongeveer oor ‘n uur by my sal wees om die bus in te sleep.

Een uur se moer, 120 minute later!, (waarvan ek meer as die helfte daarvan in die giet swart donker alleen op ‘n “druppend met reen” berg moes sit en worry oor wanneer die eerste taxi vol ouens wat spares nodig het vir hulle wiele gaan opdaag) kom Johannes met sy sleeptrokkie aangedrentel!

 

Hy het al keer verby gery en moes tien kilometer verder omdraai, maak nie saak nie, haak net die bus laat ons gaan!! Intussen laat weet Porsha sy het ‘n gastehuis gereel vir die aand en die volgende dag sal ons die band reg maak sodat ek weer die Laeveld se lug kan gaan in asem. Werk afgehandel en lekker om weer terug by kids te wees!

Nadat ek my eers woes vererg het vir Porsha (en sy koel en kalm gebly het) het ek stoom afgeblaas en besef dat jy nogsteeds in vandag se tyd op vreemde mense kan staat maak wanneer jy in nood verkeer. Al die mense was behulpsaam, verdraagsaam en al word hulle betaal vir hulle dienste het hulle nie werklik ‘n besef van watter verligting hulle bied aan iemand in nood nie.

 

As iemand net smile en sê: “ek sorteer dit gou vir jou uit” is genoeg gerustelling om jou te help kalmeer. Thanks Porsha (Cell C), Arno (gastehuis), Johannes (Emergency Towing) en Nico (Polokwane Towing).

Die een band word toe twee, word toe drie bande en voor my sente opdroog besluit ek maar om band nommer vier later in Nelspruit te koop – sien, die prys verhoging op bande gebeur in Maart, so, soek nou ‘n band van die regte groote, vergeet dit almal klou vas aan die laaste stock net tot na prys verhoging dan gaan alle bande weer vrylik beskikbaar wees (teen ‘n prys natuurlik!).

 

Alhoewel ek vir eers genees van Polokwane is sal julle my seker weer sien!!

Ha Ha, op die foto van Christo in die swembad en K3 op haar hurke kan dieselfde opskrif op beide die foto’s sit: “check the worry on my face!”, albei druk, albei het ‘n uitdrukking op die gesig en die gevolg by altwee is NAT!

Net voor ek groet gou vertel van my “met millitêre presisie” uitgewerkte plan vir wanneer ek gestrant langs die pad vas val en ure lank moet wag vir hulp om op te daag!

 

Stap 1: Haal jou belangrikste dokumente (soos ID boek, bankkaart, SIM kaart ens.) uit en steek dit ongeveer 10 meter diep langs die kar in die lang gras weg sodat as jy aangeval word hulle ten minste nie jou persoonlike besittings in die hande kry nie en laat weet iemand waar dit is.

 

Stap 2: Sluit die kar, sit jou foon op silent en gaan sit tussen die bossies ongeveer 50 tot 100 meter maar steeds insig van jou kar en wag wag wag!!

 

Stap 3: Wanneer die gulsige outjies met geweertjies opdaag om jou wiele te leen skryf dadelik ‘n sms met hoeveel van hulle daar is en watter tipe voertuig met registrasie nommer aan iemand wat jou sal kom soek indien die poef spat!!!

 

Stap 4: Spring miskien voor ‘n verbygaande voertuig in, in ‘n poging om hom te stop en dalk die boewe in hulle broeke te laat skeit van skrik en indien dit nie werk nie – snol so vinnig as wat jy kan in die teenoorgestelde rigting!!!

 

 Foto's: Sien Mamma ontmoet Chris! My VW slaan oor na 111111 (op 40km’s ‘n uur!) en kyk die reënboog na so ‘n vinnige stort reëntjie tuis!

 

PS.….ek sal Saterdag maar die twee en ‘n half uur heruitsending van die Survivor finalé moet kyk!

Tjeers, R

 < terug na bo

25 Januarie 2007 

Dinner Talk, Melk Kannetjies, Stoei met skaal, Durban!

Ek het maar die wit vlag uit gegooi vir die "WEEGSKAAL". Ons twee stoei nou al van nuwejaarsdag vir 'n wen plek maar Januarie is nog nie eers verby en ek gooi al handoek in! Nou lê hy daar onder die bed (met 'n smirk op sy gesig) en wonder wanneer hy weer die plesier gaan hê om my te verafsku as ek af kyk en sien hoe hy draai en draai en draai verby die 87kg merk! HELP HELP!

O wag, hier kom 'n Bavaria aangedraf, sluk swaar, moet ek, moet nie, shit kom hier jou lekker ding ek sal die skaal weer later face!

So begin week 4 maar ek belowe hieeeeeerdie keer is dit die laaste bier, van nou af net water (afgewissel met 'n Jack D!).

'n Weird gevoel gehad tydens 'n aandete gesprek met vreemdelinge in 'n vreemde stad in nie so vreemde omstandighede (inteendeel ek het Durban as 'n groot moontlikheid vir toekomstige tuiste ervaar). Oral waar jy kom en gesprekke aanknoop probeer jy gou vastel waar lê die verskillende vlakke van intelegensie, ooreenkomste (of verskille) en belangstelling.

Om 'n ete van ongeveer twee uur deur te sit en jy verskil met alles wat die ander partye aanraak of om nie op dieselfde vlak te kan kommunikeer maak vir 'n irreterende 120 minute wat 'n "geboorte van 'n pynappel" soos 'n lekker vakansie laat voel!

Behalwe wanneer jy die situasie kan omdraai en die "teenstanders" begin uit oorlê, soos wanneer die alswetend-blaffende, domineerende en luidrugtige Indieër man oorkant die tafel (ja, daar moet altyd wanneer jy dit nie nodig het nie, een wees!) - wat terloops ook iewers in sy familie iemand het, wat elke onderwerp waaroor gesels word, ook dit al gedoen of besit het - laat val dat hy rokers nie kan verduur wat die "vars lug regte" van ander nie respekteer nie, jy dan 'n onderwerp oor die beste sigare op die mark aanvoer en vra of iemand jou sal join na ete vir die bietjie me-time bederf!

Of soos wanneer jy besef jy in die posisie beland waar die verruklike vrou ('n paar jaar ouer as jy en die ou wat die rekening betaal se vrou is) met die bolletjie blonde hare op haar kop en bonsende tieties halfmas amper uit haar sagte ligblou bloesie sigbaar, duidelik 'n paar ik vlakke hoër as jy in die gesprek is en kenlik vér bokant jou vuurmaak plek is, maar jy droel en sien jouself langs haar iewers op die strand lê en jy die botoon voer later vanaand, probeer jy met jou uitdagende lyftaal haar aandag vaspen op jou hoë vlak van fiksheid en stamina eerder as jou tekortkoming in die..................... intelektuele departement!

En dan is daar die vriend van 'n vriend van 'n kennis van 'n vriend wat heeltyd jou pedigree wil weet maar sodra jou antwoord lyk of dit sy agenda oorskadu hy jou aanvul met weereens eersterangse praatjies oor die beste Italiaanse wyn vér buite die radar skerm van jou plattelandse uitkyk op die lewe, die ou waar om jy pussyvoet soos Die Nutsman in 'n snyerspak op die SABC rumba Strictly Come Dancing Show!

Die speletjie word al hoe meer amuserend soos die alkohol vlakke begin styg, jy oorskakel na derde rat en bruisende fontein water uit die wyn glas begin drink en wens die laaste dertig minute gaan gouer as die ry by Binnelandse Sake op Vrydag net voor kersfees verby. Die girl (wel, so word sy nou al geag en nie meer die baas se vrou nie) wat haar bolla nou al losgemaak het en elke keer dit nodig ag om met 'n wuif van haar linker hand, en deur die goue geel lokke oor haar skouer te gooi, nou al veel meer vriendeliker en 'n paar ik vlakke laer (en haar man 'n paar vlakke hoër in die "meer moerige"-departement) jou so nou en dan "per ongeluk" onder die tafel aanraak met 'n lyftaal heel inskiklik op die vroeëre gesprek van jou "six-pack en skouers tot kuite" manouvres. Sy is die enigste hoogte punt van die aand wat dalk nog voorlê en jou hier geintreseerd hou.

Helaas stap ons onoorwonne daar weg alhoewel die spel interesant verloop het met 'n cruel twist aan die einde:

Oppad terug verstom ek my aan die grafitti op die geboue, laas dit gesien op die trein na Groningen en wonder net of dit die werk van artieste of stoute bliksems in die vroeë oggend ure is. Interesant om die mode hier dop te hou, wil voorkom of die blomme-ruiker-rokkies wat laas in die sixties gedra is terug in die mode is? Wel die "in crowd" of "hip & happening" lot hier dink elk geval so! Dit neem 'n kort rukkie "broe" maar jy begin gou die lingo leer "hey", en voor jy kan sê lamtietiedamtietie praat jy lekker saam!

Twee gawe jong poppies het op die terugvlug sitplekke heen en weer uitgeruil wat selfs die slimste onnie by Rob (wat daarvan hou om Maandag na skool saam met die hoof te skinni dip - dankie Poena) sal deurmekaar maak, maar ek eindig met 'n sitplek langs my oop, geen klagtes! Die Kaptein (Kapt.Franscois) vat nie stront nie, hy bestuur die Nationlate tuig na die begin van die aanloopbaan, kap 'n regsom-voorwaards en sonder om te aarsel sit hy voet in die hoek, teen die spoed van lig trek ons met wiplash weg en vandaar was dit "plane (ha ha) sailing". Kan nie wag om weer die kids (en mamma) te sien nie!

Hoor terloops die planne is om dié lughawe oor drie jaar te skuif na die meer gegoede Noordkus. Wat ek nie verstaan is dat die aanbouings hier tans in volle glorie voortgaan aan die nuwe parkeer area wat vergelyk met die van OR Tambo? Elkgeval, nie eers 'n halwe Grolsh later durf ons weer met sy (die Kaptein) onortodokse vlieg talent die landingstrook by OR aan (ek kon nie eers my boek oor blogging klaar lees nie - ek was so naby aan die einde), die wiele lek aan die teer met 'n "stoute seun agter die skoolgym muur" rokie en weereens die keer met omgekeerde wiplash beland ons amper met ons agterstewe op die vliegtuig romp soos hy brieke aandraai. Hou vas boetie skree die ou tannie voor my met haar loop stok wat skuif tot amper agter die deur van die stuur kajuit, half asof die stok ook genoeg gehad het en oppad na Franscois met 'n "ek druk hom dwars in" houding, is! Moes R 70.00 vir die 36 uur parkering uitvurk (weer die wet van Transvaal).

Het jy al die nuwe N4 Disko Ligte van Watervalboven gesien in die aand by die afdraai na die dorp? Wow, jy skrik jouself skoon wakker tot in Nelspruit laatnag met die flitsende kat-ogies. Jannes van Trac beweer dis 'n ekspriment wat indien suksesvol die res van Suid Afrika gaan vermaak op die sogenaamde gevaar zones. Doen jouself 'n guns en moenie weer afdraai op die Schoemanskloof pad nie.

Lekker week tot volgende keer!

...O ja die tannie met die wulpse melk kannetjies, is alleen huistoe nadat die tannie se oom sy kuite in 'n knop getrek het en sy haar in 'n minus O bloedgroep in gewip het, met sy Mercedes daar weg gespin het sonder om die karwag (of die waiter) te tip!

< terug na bo

22 Januarie 2007  

Weer ‘n week waar kragonderbrekings (net soos ons misdaad) ‘n alledaagse verskynsel word met die verskil dat Eskom ons voor die tyd laat weet as dit gaan gebeur (wow nog ‘n eerste)!Met ons groot planne vir 2007 kom baie nou in plek! Na skool die jaar - is dit die moeite werd hier? Dam sake, stoep sake, dak sake, skottel sake en die flippen MISDAAD!!

Goeie grappie (dankie Christo): LEWE IN SA

Bongani:"hey Sipho! I have a cow for you for just R500!"

Sipho:”Eish ok, Bongani, I'll take it, here's the money, you can bring it to me tomorrow".

 (the next day):"Sorry Sipho,but the cow died last night" - "Hoauw, so ok then just give me back my money" - "No sorry I spent it all last night" - Eish, so ok just bring me the dead cow" (and so it happend)

A few weeks later they met again: "....so Sipho what did you do with the dead cow?" - "...you won't believe it, I made a raffle for the cow, and I sold 270 tickets for R5 each. I made a profit of R850, but I did'nt tell them the cow was dead" - "...yoh, and did'nt they complain?" - "No only the guy that won! - So I gave him back his R5 and he was happy!!!" Today Sipho is in PARLEMENT!

 

Ek is baie chuffed met Danie van internetix.co.za (hy speel ‘n vital rol in die planne vir later vanjaar – ons het Vrydagaand ‘n deurbraak gemaak in ons buite uitsendings endeavours en met nog ‘n paar klein verstellingkies kan ons orals gaan (en ek bedoel ORALS) uitsaai sonder allerhande duur onpraktiese toerusting! Imagine as ons die pad vat, deur Suid Afrika toer en waar ons kom kan ons inplug en vir almal in die Laeveld (of die wêreld) daarvan vertel!

Watch this space........

Ek gaan ook binnekort  met ‘n program begin wat ons ‘n live audience gaan betrek, uitnodigings is onderweg en sal meer later daaroor vertel. 

Oppie Stoep die week:

Christo & Maritha (en dogters)- kerriehoenderpotjie (mmm, smack! Dankie Maritha), losgemaak, losgetrek, lekker gesels en daar eindig ons in die swembad tot laat! Ons gaan vanaand weglê in knoffelprawns en fondue!!! (swaar om ‘n onderdrukte wit Afrikaner te wees – ha ha, joke!). Sien die foto's van die liggies in die dak oppie stoep: "kitch" ek weet, maar skep 'n nice atmosfeer wat net deur kerse geëwenaar kan word! Kan nie onthou wanneer laas ek ge-fondue het nie, maar wat 'n belewenis om nie die tv te mis op 'n Saterdag aand nie (ok, as daar rugby aan was miskien 'n ander storie!!) en oppie stoep te kan sit en kuier tot jy omval! Asb pass nog 'n 8.6!

Die Prawns in garlic oppie skottel het so vinnig verdwyn "daar was net drie vir elkeen"(DAMM), maar het die fondue afgeskop en daarna was daar geen keer!! What's next? Pannetjie braai? Fondue met kaassous? Pizza innie stoep braaier?

 Sal sien!

< terug na bo

13 Januarie 2007

....waarom voel die eerste werks week na vakansie so laaaaaaang? Seker omdat die nuwejaarsdag/vakansiedag op Maandag geval het en dan week 2 soveel langer laat voel?

 
 
Stoep Talk: Die week op die stoep was familie uit Nederland met 'n lekker potjie skaapnek en 'n kort vinnige chat via Messenger met Marieke in Nederland het my 'n instant verlang terug na Holland laat ontwikkel - jy sou my net daar kon oplaai en saamneem!
 
 Jo & Dinie (saam met my ouers) is verder na die wildtuin vandaar (jaloers!) en volgens sms'e heel goed gegaan! Ook ingeskakel op al wat 'n Hyve het by hyves.nl via die vriende kring fotos (jammer dat nie almal blog nie) maar heel interesant om almal se fotos te sien!
 
 
Kry ek toe die sms "hoe was die eerste dag van skool" wel........
 
Wanneer jy haar na die eerste dag van die "groot" skool kom haal en sy met die woorde "mamma is te vroeg, gaan terug werk toe en kom haal my later, ek wil nog speel" begroet word, heel anders as vanoggend toe ons haar moes aflaai en die brug voor ons groter vir ons as vir haar was. Dit was 'n see van sprankel gessigies van kinders (...en ouers), verward oor die groot hoofstuk wat begin het (jy kan dit nie terug hou nie, al wil jy graag nog net 'n bietjie, asseblief - nog net een jaar.....), mammas wat rond hang tot die laaste laaste, laaste oomblik en dan...........lui die klok (skielik sien jy beelde van toe jy hier laas was.............en wow, kyk waar staan ons nou!!! - haar eerste dag op skool!)
 
Huiswerk was alreeds vanaand saam in die tas (let wel vir ma & pa) em more oggend is asof roetine reeds ingeskop het.
 
Staan toe en wonder wat die jaar gaan oplewer - watter tipe verassings wag vir ons (waarvoor ons nie beplan of gebudget) het nie, gaan ons die jaar meer geld maak as verledejaar en hoe kom ons die mas op - want daar sal altyd iemand groter, sterker, mooier, beter, maerder, ryker, slimmer en vinniger as jy wees (guess dis die wet van die natuur) tot ek tot my sinne terug geroep word.
 
Oom Chris (van die local Spar) vertel 'n baie interesante verhaaltjie vir wanneer jy bekommerd raak oor jou plekkie in die son:........dit begin by 'n rivier wat God gemaak het en al die diere kry 'n kans om daaruit te drink. Selfs die kleinste bokkie het 'n spasie langs die water tussen die groot olifante en sy dors word ook (inteendeel vinniger) geles! Go figure...........
  
...."and the beer I had for breakfast was'nt bad, so I had one more for desert"..... woorde van Kris Kristoffersen in Sunday Morning Coming Down, en seker een van die beste lyne wat ek nog gehoor het in 'n liedjie (ja ek weet dis 'n ou liedjie -maar nice anyway!). Kan 'n mens vandag nog die soort lirieke hoor en wat oor dertig jaar van nou steeds van toepassing sal wees en iets waarmee ons kan vereenselwig?
 
Planne vir 2007 - wel tans werk ek aan 'n regstreekse uitsending wat op Radio Laeveld nog nooit van te vore gedoen is nie, tegnies 'n klein hekkie om oor te kom maar 'n avontuur wat vir lank 'n indruk op my sal maak - later meer hieroor!.........en dan is daar 'n webwerf waaraan ek werk wat op innibos 2007 (wil jy meer weet van innibos gaan na innibos.co.za) betrekking het. Nog te vroeg om nou al alles uit te lap - in due course!
 
Blogs gelees: Bly om te sien Steve is terug (spoeg'ende) - altyd genoeg om oor te dink, Marieke het uiteindelik weer geskryf (so bly ek ook op hoogte).
 
Vir eers hier halt. Later weer! R

< terug na bo

10 Januarie 2007

Spoeg, Spartel, Kreun, Ween, Skreeu, Huil, Vloek, Lag, Vryf = Geboortepyne!!! (of so dink ek!)

 

........speel, speel en siedaar nog 'n blog is gebore. Wat gaan ons hier in lees is nog 'n vae blur maar ek is seker dat daar wel dinge sal gebeur in die klein ou brein van my dat ek dit hier gaan blog! Anyway nice om aanboord te wees (en by the way, thanks dat jy dit lees! - seker ook niks anders om te doen, ha ha?) 

Onlangs het ons (Dianne en Die Hande In Die Tuin) radio show op Radio Laeveld ons derde verjaarsdag gevier met 'n verjaarsdagkoek of note!!!(het omtrent twee weke aan die koek gesmul -nie regtig nie! maar hier gaan verbeelding nie te kort wees nie!)

Hoe het dit nou gebeur - van geboorte tot verjaarsdagkoek!!

Gelukkig sing ek nie meer kersfees liedjies (Karlijn) of staan ek onderstebo op my kop (Marieke) nie, sal nog laat weet wat hier alles gebeur.

Anyway sal weer terugkeer soon!!08HRJ          

                                              < terug na bo

08hirobinj.co.za

Ons bly besig met verskillende projekte. Kyk en luister gerus na die Top 20 op Radio Laeveld.

Terloops, 08hirobinj is my telefoon nommer, go figure! (anders kyk hier links bo vir kontak besonderhede).

Blog!

Hier hou ek dagboek van wat gedurende die jaar met ons gebeur, waarheen ons gaan, wat ons doen maar ook meer spesifiek hoe die lewe hier in die Laeveld, in Suid Afrika is.

inniBOS.FM

Die Nasionale Innibos Kunstefees word jaarliks in Nelspruit aangebied en ons bring jou al die musiek, onderhoude met kunstenaars en besoekers, en eksklusief "live audio streaming" vanaf die hoofverhoog en al die optredes wat daar plaasvind. Jy kan regstreeks hier luister tydens die fees of die potgooie aftrek na die 2007 en voor die 2008 fees.

inniBOS.TV

NUUT! NUUT! NUUT!

Na die oorweldigende sukses verlede jaar van die Innibos Fees 2008 sien ons die terugkeer van inniBOS.FM nou ook inniBOS.TV met nie net "live audio" nie maar ook visuele "live streaming" van die vertonings op die hoofverhoog tydens die fees.

Wild Wheels Online

Ons ry saam met Wild Wheels Online op safari, op vakansie, na sport dae en feeste. Ons neem jou heen en weer tussen hotel of gastehuis en waar jy wil wees, met opgeleide en gekwalifiseerde toergidse.

Afrikaans.FM

Poort na alles wat Afrikaans is! (nog onder konstruksie)

Mypotgooi.co.za

Verskeie potgooie wat jy kan aflaai en op jou eie tyd na kan luister. Heelwat van die gewildste programme op Radio Laeveld word ook hier beskikbaar gestel aan jou. Dit sluit ook die 08hirobinj-Radio Laeveld Top 20 en Die Hande In Die Tuin Gesels Program in.

08hirobinj SHOW!

Die potgooi en vidgooi is nog onder konstruksie maar binnekort gereed.

 

free hit counter script
    Locations of visitors to this page    

© Kopiereg 08hirobinj 2007