
2007 – 06 – 24 (Sondag)
...probleme! - iets wat
ons almal het maar nooit mag vergelyk nie!
Waarom is dit weer Sondag
dat ek die urge kry om te blokkeer (woord vir blogging!)!!! Vir 'n
oomblik kyk ek "op" (die foto hierbo, met ons drie K's!), elke keer as ek
moedeloos word, afwyk, twyfel, word ek iewers gekonfronteer om op 'n oomblik
na hulle te kyk en net gou weer te besef dat my (self
opgelegde) probleme klein in vergelyking met hulle eenvoud is.
Hier, tussen my voete, op die kombuisvloer, word bed gemaak vir die poppe (hulle
babatjies!) dis 'n wêreld
van - "hulle stoute kinders", twee stemmetjies wat aanhoudend klets (baba
taal - but who cares, hulle verstaan mekaar), elke nou en dan trane - oor die
een die ander se koeldrank drink, maar voor ek kan intree is die baklei
klaar weer vergete en gaan die speel voort asof vrede nog altyd in hierdie
huis was. Net voor ek begin moan oor die stront wat ons dink die wêreld
ons toedeel, ruk dié soort prentjies my terug na
die werklikheid van dit wat ek wil wees, en nie wat ek nou is nie!
Hoor vandag 'n verhaal
van 'n vrou wat met haar man van een provinsie na 'n ander (vreemde)
provinsie verhuis en daar aangekom voor 'n probleem staan: Met R250 in hul
sak, middel van die maand en die rekeninge van drie maande terug nog nie
betaal nie - ......dis 'n PROBLEEM! Bonop is sy ernstig siek (kronies) en
haar vier kinders uit haar vorige huwelik het ook saam gekom. Met haar twee
nuwe kinders (by haar huidige man) slaap die agt stuks mense op 'n matras in
'n motorhuis van 'n weldoener, al vir twee weke, wat self nie te wel af is
nie, môre
loop hulle weer die vier kilometer grondpad na die dorps teerpad - hopend
dat dié
dag die gelukkige dag sal wees dat sy en hy werk gaan kry sodat hulle
binnekort hulle eie bly plekkie sal kan bekostig!
Probleme, probleme,
probleme: - iets wat ons almal het maar nooit mag vergelyk nie!!
Eintlik wil ek vandag net
een vraag vra: "hoe maak 'n mens jou kinders groot sodat hulle self
beskermend sal kan funksioneer".............(ons kan tog nie altyd hulle
vashou in 'n kokon nie?)?
Dit sou die maklike
manier wees om te sorg dat hulle altyd onder jou vlerk bly, ......dan is jy
sterk, selfs aggresief as gevaar dreig, - as die jong mannetjies opdaag,
mekaar verstoot om te pronk voor die deur van jou "little miss wise ass"-dogter
wie se hormone harwaar met haar kop speel, of........as jy by die werk is en
'ta kom klop aan jou deur onder die voorwentsel dat hy verf- of tuinwerk wil
doen! ......die gevare is elke dag daar.......maar ek kan nie altyd daar
wees nie!!!
Met ander woorde, iewers
moet hulle kan klaar kom sonder jou beskerming, sonder jou leiding, sonder
jou ondersteuning. Gaan die wêreld
saggeaard wees wanneer hy met sy aanslag begin, gaan sy 'n kans hê
om gewoond te raak aan die stampe
en stote en hoeveel pyn gaan ons saam deur gaan?
As ek terug kyk na al die
stront wat ek aangejaag het wonder ek of my worries vandag minder is?,
onwillekeurig wil ek om verskoning vra, laat ek tog net nie daardeur
moet gaan nie. Ah....hier kom my Bybel swaaiende vriende aangehardloop, 'n
sterk fondasie met "goeie christelike beginsels is die antwoord".......ja
vertel dit vir ons dominee wie se dogter op 18 weggeloop het, in Durban
opgespoor is onder dwelm verslaafdes en so swanger soos drie impalalelies!
Op die ou end glo ek in
een oplossing - jou kinders weerspieël
jou huis (weer sorry, ma!), en ek as ouer sal moet saamleef met die sukses
of failure van my kinders!
Wees genadig wêreld?
Neem jou tyd, maak hulle stadig gewoond aan bloukolle, gee hulle eers
hersteltyd voor jy weer trap, en jong rammetjies..........al is ek nie daar
nie......sien ek alles!! - (daai klap agter jou oor is nie wind uit die
bloute nie!)
Die teenoorgestelde is
natuurlik ook waar, en lekker, as jou bloeitjie uittroon bo haar maaitjies,
selfstandig terug loop huistoe nadat die laaitjies vodka in die fruitpunch
gegooi het, ander haar voorbeeld aanhang, sy self verbande om die wonde
draai en diep in jou oë kyk as sy sê:
"pappa, more staan ons weer op en
veg ons die nuwe dag se struikelblokke!"
Dankie Here, vir die drie K's hier by my, so sorg U dat my
voete op die aarde bly!
2007 – 06 – 17 (Sondag)

...die beste manier om prestasie te laat gebeur, is om dit
raak te sien!
Vandag kom die helfte van Suid Afrika
eers na 11:00 uit die bed! 50% van die ander helfte sit al in die kerk, 'n
paar kampeer iewers tussen die koue berge van Hoedspruit en die ander paar
duisend hardloop in Kwa Zulu Natal die "Comrades" (89km marathon -
iets dalk vir Jacqueline??). Die jaar is dit die 82ste keer en ek het seker
27 (van die 82) mee gemaak.........wel ten minste in die comfort van my
sitkamer bank of soos vanoggend in mamma se nuwe queen size bed lekker knus
onder die duvet!!
......mmm, eintlik ervaar ons die
selfde satisfaksie: ons raak moeg, snak naar ons asems, blaas stoom af so
nou en dan en bereik mylpale wat ons nooit gedink ons liggame ooit sal
toelaat nie! (My hart bloei vir hulle!!!)
<Die Alpe>
My eerste blog sins ons weer terug is uit Nederland.
Die kids en Ouma het groot "W E L K O M T U I S" in die sitkamer
opgesit en toe ons half twee die oggend by die huis insluip was K2 die
eerste een wat wakker word en sluk ons toe maar swaar aan die "lekker om
tuis te wees" trane.
Moet sê,
die afgelope paar weke het ek myself nog 'n paar keer gevang waar ek terug
dink aan Nederland (en die keer is die drang soveel sterker om weer terug te
gaan - wie weet op 'n meer permanente basis dalk?), met die grootste dryf
daar agter die misdaad in Suid Afrika! Misdaad is egter nie 'n sterk genoeg
woord nie, somehow in Suid Afrika klink die woord "misdaad" so afgewater
soos Minister Frazer-Moleketi se verskoning van die min geld in die
staatskas vir die staatsdienswerkers se verhoging.
Woorde soos dood, verkrag,
roof is iets sterker maar steeds so in algemene gebruik dat dit ook nie meer
die impak soos 'n goeie realiteits tv program in Holland, maak nie. (Net
voor ons weg is uit Holland was daar selfs op internasionale televisie 'n
uitkraai oor die realiteits tv program waar die publiek per sms moet stem
wie die vrou se organe gaan kry wanneer se dood gaan!!).
As ek hier lees van die wrede
gurgle klanke wat twee blokke verder gehoor kon word in die laaste paar
oomblike van die vrou se lewe nadat sy onverwags die huisbrekkers in haar
gang in die middel van die nag betrap het, haar kinders se bloed gespat teen
die mure van die badkamerkas waar hulle weggekruip het voordat die
kortsafstand skoot hulle koelbloedig ontneem het van die roomys by die
beplande verjaarsdagpartytjie die volgende dag, en die tjank geluide van 'n
waghond wat drie ure in die oggend met pyn en lyding stadig van binne af
opgevreet word na die blokkie gif wat hy gevoer was, het ek dalk meer
simpatie as ek noem dat ek immigrasie oorweeg??? In Suid Afrika is dit
moontlik (net soos in enige ander land) maar hier - soveel nader as in lande
waar die morele standaarde vlakke, hoër is, en iemand wat dood gaan 'n
persoon was, en nie net nog 'n statistiek nie!
Gaan ons verhuis??? Hel nee,
maar die gedagte daaraan word steeds sterker!!
Gister klap die Bokke die
Aussies in Kaapstad en in die jaar van wereldbeker rugby begin ons goed met
twee Suid Afrikaanse spanne in die Super 14 Finaal, en die eerste drienasie wedstryd
= Suid Afrika 1, Australieë 0!!!! Een ding uit die wedstryd (en ek glo die
deurslaggewende faktor wat later vanjaar in Frankryk in gedagte gehou moet
word) is dat as jou opponente nie die bal het nie, kan hulle nie punte
aanteken nie!! Die eerste helfte van die eerste helfte het die Springbokke
die heeltyd die bal beheer (nie weggeskop nie) en Australieë kon nie anders
as verdedig nie. Maar toe sak ons moed, Gregan se manne neem beheer oor en
teen halftyd lyk dit of ons maar ons biere kan sluk en nie Sondag die
Rapport koop om verder die hartseer in te vryf nie (ek wonder soms of die
redakteur besef watter morele impak die voorblad op die gemoedere van die
land het Sondag oggend net voor brunch!). Om Maandag werk toe te gaan met 'n
span wat oor die naweek verloor het (ingevryf deur die voorblad van die
Rapport) het 'n negatiewe impak op die ekonomie en algemene atmosfeer
van die land.
Elkgeval, Jake het in die
kleedkamer die lat behoorlik uitgehaal, 'n paar lasterlike tongsplitsende woorde
geuiter, dreigemente oor sy besoek aan Thabu en die rasse kwota, en 'n lang
relaas oor die blommetjies en bytjies en wie in beheer moet wees van rugby
in Suid Afrika, want toe die span opdraf vir die tweede helfte het dit nie
lank geduur voor hulle weer die oorhand gekry het nie. Die regte keuse van
impak spelers het ook bygedra tot die laaste spyker in die kis van die
wallabies, vat so!!! (ok homeground advantage het ook gehelp!!)

Ons eerste braai oppiestoep was salig!! En die week daarna
doen ons krokette!! Ons het beloof om gesonder te lewe, 'n mens slaap net
lekkerder as jy nie so swaar eet in die aand nie. Ek blêr
al amper soos 'n bok want die laaste drie dae eet ons nog net slaai, slaai
slaai!!! Gelukkig mag ek dit nog afsluk met 'n Bavariatjie of lekker
Chardonnay'tjie!
Dit het 'n hele dag of twee
geneem toe's ons weer terug in roetine van werk, kinders, slaap, eet, werk
ens! Aan die begin van 2007 was ek heel positief oor die jaar en halfpad
deur kyk ek terug en voel gelukkig oor die eerste deel! Deel 2 kan ook net
beter wees, - jammer vir die wat beweer die land is in sy moer! Ek is
oortuig daarvan dat in die volgende paar jaar net voorspoed vir die land
voorlê..........ek twyfel net of hierdie wit gesinnetjie ook gaan
deel in dit???? Hoor die doem profete nou: "dis wat jy daarvan maak!!" (yeah
right met spelers in die span wat as gevolg van kleur in plaas van ability
gekies word!).
Op 'n meer positiewe noot kom
ek die week af op 'n stelling wat in sy eenvoud tref waar die antwoord dalk
lê in enige persoon se dryf na sukses!
...die beste manier om prestasie te laat gebeur, is om dit
raak te sien!....
So wat is dit wat
BLOGGING so lekker maak??? Dis verslawend, die platvorm wat dit skep
om te praat sonder die bekommernis van sensuur of dwang (en as jy nie hou
van wat ek sê nie - gaan lees die barbie trilogie - vir meer spannende
interaksie tussen lang blonde hare, plastiek boobs en hoë hak skoentjies!!),
maar nog meer nog - BLOGGING het my terug gebring na LEES,
SKRYF en KOMMUNIKEER. Die fondamente van enige bevordering van 'n kultuur,
taal of self vrede bevat die elemente van lees, skryf en kommunikeer. Meer
mense gaan BLOG in die toekoms as wat daar mense is wat
selfone besit!!!
Ek doen dit..........vir
myself, want ek geniet skryf, dink, lees, redeneer, voorspel, ondersoek,
verskil en deel.
(ek sien nou hieronder my
laaste inskrywing was oor Pink Pop in Holland, wel Innibos lê om die draai
en ek is besig met 'n nuwe projek - gaan kyk gerus by
innibos.fm
Tot Later.....R
2007 – 05 – 29 (Dinsdag)

Die week in die nuus: PinkPop is die
naweek hier! Die musiekfees bestaan al 38 jaar en is die oudste musiekfees
in Europa.
Soos elke jaar is die reën, wind en
modder, heelwat drugs, drank en rock & roll daar, maar die 62000 mense wat
dit die jaar bywoon het geen las van die elemente nie. Wêreld bekende
kunstenaars het al hier opgetree en die jaar is die Smahing Pumpkins die
hoof attraksie. Ek sien dat op een plek waar die buite toilette op geslaan
was is daar ook 'n plekkie waar mans kan water afslaan! Gewoonlik word 'n
drom wat water opgegaar word 'n reservoir genoem - dus die heel gepaste naam
van PIServoir het duidelik aangedui waar die manne heen kan gaan!
Enrique Iglesias is in die dorp -
sonder Anna Kornikova. Weer leer ek 'n paar interessante feite soos dat hy
'n lys van vereistes het as jy hom wil interview: Net van die linkerkant mag
die kamera hom afneem, geen vrae oor sy pa nie, en dat die verhouding van
vyf jaar op die rotse met sy tennis spelende godin is. Julio Iglisias, sy pa
is met 'n Nederlandse vrou getroud!!!
Die eerste sms (taal) prys word hier aangebied. Die wenner
Nikki Allers (15) wen 'n Goue Duim Trofee met die sin:
b&iw! srry dak 2L8 b&: b& mt mn nwe gbrde trui Rgns
8ter blyvn Hkn: mst ds 1st nr Oma, om 'm te ltn mkn!
Dit beteken: Ben ik weer! Sorry dat ik laat (to late) ben:
ben met mijn niewe gebreide trui ergens achter blijven haken. Moest dus
eerst naar Oma, om hem te laten maken!
(Seker nie nodig om te vertaal in Afrikaans nie?)
Ek begin ook dadelik paragrawe skip as dit begin: Het jy
geweet! Maar die een het my aandag getrek (miskien joune ook?):
Het jy geweet:
-
Volgens die wet in Bahrain mag 'n manlike ginekeloog
nie direk na 'n vrou se genitalieë kyk as
hy haar ondersoek nie - dus word dit gedoen deur middel van die
refleksie in 'n spieël !!!
-
In Hong Kong mag 'n vrou
wat deur haar man bedrieg is hom doodmaak......met die hand. Sy mag nie
haar owerspelerige man met 'n wapen om die lewe bring nie, maar die vrou
met wie hy owerspel gepleeg het mag sy op enige manier aanval. (Regverdigheid????)
-
In Liverpool is dit wettiglik
korrek as vrouens bo-stukloos werk.........net in winkels waar tropiese
visse verkoop word! (Huh?)
-
In Cali, Columbia mag 'n vrou
met haar man slegs as sy getroud is seksueele betrekkings hê (so wat's nuut,
dis oral so?) maar die eerste keer moet haar ma by wees!!! (ek sidder aan
die gedagte, met skoonma daarby!!)
-
'n Orgasme van 'n vark duur tot
30 minute (as ek terug kom in my tweede lewe wil ek ook een wees)
-
Net Dolfyne en mense het seks
vir die plesier daarvan (nou weet ek waar kom Flipper se smile vandaan).
-
'n Leeu kan tot 50 keer na
mekaar paar met die wyfie. (ek wil nogsteeds 'n vark wees, kwaliteit eerder
as kwantiteit, ne?)
-
Die oog van 'n volstruis is
groter as sy brein. (ek ken ook so 'n paar mense met die euwel!)
-
Seesterre het geen brein! (ken
ook so 'n paar mense!)
-
Die meeste kokosneute in die wêreld
word in...........Ysland geproduseer!
Dit kom uit 'n nuwe boek wat
onlangs in Belgieë bekendgestel is.
Hy, sien jou weer in Suid Afrika,
ons vlieg weer vroeg Woensdag terug, om en by 11 ure en dan nog per motor vier
ure na die Laeveld (hoop ek is nog betyds om die laaste deel van Roelf se show
te vang!!)
Doeie!
R
2007 – 05 – 28 (Maandag)

Nou
is die laaste paar dae insig en ons besig om oral koebaai te sê. In
Hoevelaken gou weer gedraai en lekker Loempias ('n oversized springroll)
geeët.
Ek sien toe dat Nachtegaal Laan Nommer 1 weer te koop is en wonder of daar
nie dalk mense in Bruinslaan sal belangstel nie (sorry as jy nie verstaan
nie maar dis 'n private joke).
Lekker spaghetti en eiervrug met mascaponé
kaas geeët met 'n biertjie of twee.

2007 – 05 – 27 (Sondag)

Die eindlike rede waarom ons na Nederland gekom het is om die
familiefees by te woon. Een maal 'n jaar vind die familie fees iewers in
Nederland plaas(elke keer deur iemand anders gereel), en die jaar in Groningen
dus. Ons het van oral in Nederland bymekaar gekom met 30 stuks in 'die
restaurant Hammingh in die provinsie Groningen net buite die dorp. Daar het ons
op 'n bus geklim, nie somaar enige bus nie, nee dit was die amptelike bus van
die FC Groningen (dis so goed soos die Blou Bulle se amptelike toerbus!), die
sokkerspan van Groningen.
Oral waar ons deur die strate van al die kleiner dorpies gery het, het pa's
hulle seuns gegryp, gou na buite gehardloop en gewaai na die insittendes (agter
donker ruite), hierdie keer dus nie die spelers nie maar tog prettig. Nice om 'n
paar seuntjies se hartjies te kon bly maak met 'n handtekening van die amptelike
busbestuurder van die sokkerklub. Die toergids het ons die hele geskiedenis van
die provinsie vertel en die stukkies wat ek kon verstaan of wat iemand aan ons
uitgelê het was woes interessant! Hier volg maar 'n
weergawe van wat ek daarvan kon verstaan:
Eendag lank lank gelede...................
was daar mense wat in die mees noordelike provinsie Drenthe gewoon het. Die
mense was gewoonlik boere of arbeiders. Daar was altyd dwarstrekkers of mense
wat nie met die inwoners oor die weg kon kom nie en het verder noord getrek om
hul eie provinsie te stig. So het die provinsie Groningen ontstaan (hulle wil
dit nie erken nie maar Groningers is eintlik oud Drenthers). Laat my dink aan
die boere wat uit die Kaap destyds getrek het om weg te kom van die Engelse om
hulle eie staat te vestig hoër op in Suid Afrika.
Die ryker boere het om hul status
aan tewys in huise gewoon wat van die paaie af sigbaar was en dit gebou in die
vorm wat vandag bekend staan as kop-nek-romp! Die kop gedeelte was die huis
gedeelte, die nek gedeelte was die kombuis wat in die middel was en die romp
gedeelte was die skuur of pakhuis, alles aanmekaar gebou. Die romp gedeelte
was gewoonlik twee of as die boer een van die rykstes was het dit drie nokke
gehad! So hoe ryker hoe meer nokke! Ook interessant om te sien hoe daar
aan elke kant van die huis 'n deur ingebou was (selfs al was daar geen
ingangspaadjie na die huis nie).Ons het een van die herehuise besoek (na
'n lang wandel), hier bekend as Borge
en
lekker koppie koffie gedrink en koek geeët
in die meer wel af boere se huis.
Jy kon duidelik sien hoe die huise van die ryk eienaar aan die eenkant van die
huis gebou word en die arbeiders se huise aan die ander kant van die weg gebou
was.
Dan was daar weer 'n groep wat
nie happy by die Groningers was nie en die het afgestam en noordwes getrek en
Friesland gevestig. Dus, sonder dat hulle dit wil erken was die Groningers oud
Drenthers, en is die Frieslanders oud Groningers! Vandag praat hulle hul eie
tale in elke streek (eintlik is dit net 'n anderse dialek van Nederlands
behalwe in Friesland, ek verstaan ook nie wat hulle sê as hulle Fries praat
nie). Provinsialisme is nog erger as die Noord Suid provinsialisme in suid
Afrika.
Waarom is dit belangrik vir
my???? Wel my pa is 'n afstammeling uit Friesland en het ek weer op 'n oomblik
tydens die trip 'n bietjie nostalgie beleef en half die "wortels onder my
voete" gevoel gehad!
Ons
het 'n ou kerk van 14....iets besoek waar die koster op die gerestoureerde
orrel gespeel het en daar besef daar was nog 'n musikant voor Bach wat eintlik
die goeie musikant was en nie Bach nie! Die musiek van Bach klink dus nie goed
op die orrel nie maar die een voor hom klink wel beter.........en vandaar het
al die volgende musikante eintlik copy cats van die vorige was........tot
vandag toe, dat 'n mens eintlik by enige musikant 'n draadjie kan trek waar hy
eintlik 'n tipe copy cat van 'n vorige is. Yeah right!!
Ek het vroeër die week deur die
mees suid westelike punt na Antwerpen in Belgieë gegaan en vandag was ons in
die mees noord oostelike hoek van Nederland. Op 'n gegewe oomblik het ons op
'n dyk ('n wal wat gebou was om die see terug te hou nadat nog meer land
geannekseer word deur die see terug te druk) gestaan waar jy aan die eenkant
terug kyk na Nederland in die suide
en aan die noorde kant kyk na die volgende stuk grond wat voorberei word en
waar die see nog verder terug gestoot word.
Die boot wat hier staan is in 'n kanaal wat gebou word om die water terug
tevoer en die gebied aan die noordekant is as heritage site geproklameer wat
beteken dat iemand het uiteindelik besef dat jy net sovér
kan gaan om die see terug te druk voor jy moeilikheid begin soek. So is die
vrees tans dat as daar net 'n klein woeste stormpie uitbreek (iets soos 'n
mini tsunami) die hele streek wat tans onder seespieël is dalk onder water mag
kom.Op 'n minder bewolkte dag sal 'n mens nog die see van die dyk af kan sien.
(Terloops see golwe is eintlik kabbeltjies, nie die twee tot drie meter golwe
wat ons van Durban of Kaapstad ken nie).
Ook 'n interessante besoek gehad
aan 'n seehond (robbe) rehabilitasie sentrum in die dorpie Pieter Buren. Hie
leer ek dat die soute haring wat ons so lekker afgesluk het in Amsterdam ook "honde"
kos is, OK, eindlik "seehonde" kos. Die video vertel dat omdat Nederland
die laaste land is voor die riviere in die see uitstort is hulle ook die
ontvanger van al die gemors wat in riviere gedump word hoër op in Europa. Die
gevolg hiervan is visse wat gifstowwe in neem en robbe wat bedreig word as
gevolg van die giftige vis. Die water en habitat van die rob word ook meer en
meer bedreig deur die bote, seilbote en die menslike bedrywighede.
Kyk om die rob se nek, dit is wat visnette wat net in die water gelos word
doen aan die diere. Hier is vele ander wat gerehabiliteer word en pogings om
hulle weer terug te plaas in hul natuurlike omgewing word al hoe moeiliker.
Die hoop omkring in geel is nette, bande en ander stront wat hulle al uit die
see bymekaar gemaak het!
Die aand word ons getrakteer op original musiek van Groninge
die lekkerste kos en natuurlik topklas bier!!





Vanuit
die venster kyk ons af op 'n kanaal met brug wat oop gaan as daar 'n boot
verby kom.
Ek het nog gespeach en vergeet om TANNIE Roos te bedank vir die gr8
familiedag! dus doen ek dit maar hier!
2007 – 05 – 26 (Saterdag)

GO BOKKE! 58(vs Eng)10 GO BOKKE!
Het eers later die aand gehoor dat die bokke die rose verniel het!!!
Well-done boytjies! Kon helaas nie die game kyk nie maar die telling is soet
genoeg! Amsterdam dag het aangebreek. Ons het alles laat uithang en lekker
van Holland geniet. Dit begin by Amsterdam, deur verskillende pleine geloop,
winkels in en uit, zoute haring, roomys, bier en hope mense! Alle soorte het
hier verby geloop, ek het geluister of ek enige Afrikaans hoor maar alles
behalwe. Op die trem het daar mense twee sitplekke voor ons gesit en toe ek
die woord "BAIE" hoor was dit my cue om oor te stap en te vra: "haai,
weet julle waar kan 'n mens die game in 'n pub in Amsterdam kyk?". "Nee", "wat
bedoel julle nee"?

Was tempted om by 'n paar coffee shops in te gaan (groen
twak winkeltjies - het niks met coffee te doen nie), en die liggies van "die
walletjies" was nie op ons roete die keer nie. Later die aand tuis het ons
ons eie bier proe aand gereël. Eers 'n
paar krokette met patat en mayo geeët en die
kaas nader getrek vir 'n "kaas & ...........bieraand"!
Dis 'n eerste vir my om 'n
Rosé
biertjie te proe - dit proe soos
rooi koeldrank gemeng met ligte bier - nooit weer dankie!!! Al die bier was
eintlik lekker (het na die vierde een smaak 'n mis gegee en gekonsentreer op
die alchohol inhoud). Die bier proe was 'n hele bier elke keer in plaas van
'n "slokkie"! Daarna kom die hartverstrengende woorde: "kom ons gaan kyk 'n
live band in die dorp!", ja daai gedeelte was nog aanvaarbaar maar die
tweede gedeelte het my gefloor: "OP DE FIETS!!!", "wat bedoel je?", "dis
dan 10 voor 10 in die nag?", "ja so?, ons kan nie na al die bier in die kar
gaan nie!", "ja jij heeft gelijk, vooruit dan maar!".
So is ons vierstuks op die
fiets na die pub (veertien blokke verder), ek met my "lyf" op Jochem se
fiets (moes hard fokus). Die band was Nickel & Dimes en kan die ouens rock &
roll. Hulle doen covers die hele aand deur, gooi 'n paar lekker bekende
Nederlandse liedjies in en toe ek my oë uitvee is die lang hand op 6 en die
korte op 1! Die bier proe het voort gegaan (al was dit een soort heeltyd) en
somehow moes ek nog harder konsentreer op die pad terug op die fiets! As ek
weer in die Laeveld kom gaan ek na die Barnyard op 'n fiets!!!! (vat so
manne met Bethlehem sterre!)
Het
gelukkig nog vroeër die aand 'n interview met
die band gehad en dit klink of hulle bitter graag na Suid Afrika wou kom -
het later in die volgende set na die interview ook op die stage dankie gesê
vir die interview van "RADIO SUID AFRIKA!!" You go boys!
2007 – 05 – 25 (Vrydag)

Tyd het so vinnig verby gegaan. Vrydag
het al aangebreek en daar is nog 'n hele Holland wat ons nog wou deur draf -
maar om nie tipies Japanees voor te kom nie het ons maar besluit dat
geen planne langer as 'n paar uur vooruit gemaak sou word nie.........behalwe
dat ons nog Amsterdam, Groningen en Amersfoort wou besoek (ons vind ook
telkens dat die onbeplande "planne" meestal die interesantste uitdraai)!
Middag
ete was die heerlikste pizza broodjie (gedeel) op die stoep in warmer s 27˚c
terwyl ons diep in ons harte seer kry vir die koue laevelders terug by die
huis (eish 2˚c - sorry!). So spring ons een van die koudste dae in winter
vry!! Barneveld is bekend as die "kippendorp" of te wel hoender dorp: die
rede?: Die omgewing is gestrooi van hoenderboerderye, en net soos in Suid
Afrika word elke gedeelte van 'n hoender hier ook op een of ander manier
genuttig. Die dorp het op 'n stadium besluit om hul naam gestand te doen en
'n kompetisie gehou waar elke besigheid een of ander vorm van hul "naam"
moet uitbeeld en so kry jy reg deur die dorp op strategiese plekke beeldjies
(eintlik beelde!) van hoenders.
Net
voor aandete besluit mamma om gou weer na die winkels te gaan (sy sleep my,
onwillig, saam) maar weereens ontmoet ons weer interesante mense in 'n pub
waar ons 'n paar yskoues gaan drink het.
Langs
die meisie agter die toonbank lê 'n A4 groote boek met 'n plakker voor op
wat sê "Zuid Afrika 2007". Dadelik wou ek weet wat hier aangaan en sy vertel
met 'n sprankel in haar oë van hulle trip vroeër die jaar in Januarie na
Kaapstad, Port Elizabeth en wag daarvoor...........Nelspruit. Pragtige
foto's van die wildtuin, die see en die Knysna bos en ek sien die € (euro)
bring 'n mens vér in Suid Afrika. Lekker gesprek met 'n paar gaste wat nader
staan (in die kroeg wat ook voorheen in Suid Afrika was) oor Suid Afrika
gehad en bietjie heimwee ontwikkel.
Dis weird om in 'n land agter tralies,
heinings, toegetrekte gordyne en groot bytende waghonde te woon, te praat
oor die misdaad, elke dag in die koerant te lees van gewapende roof, moord
en verkragting, geweld en molestering (kinders!), nie eers jou bure ken nie
en dan tog as iemand jou vra of jy dit sal ruil vir 'n ander land moet jy.........dink
daaroor. Opsies opweeg en besef hoe sterk die drang na jou eie land is,
patrioties is 'n woord wat nie oor ons lippe sommer meer kom nie (vanweë al
die veranderinge) maar tog.........immigreer? Nee nie nou al nie!!!!
Sjoe maar ons eet lekker by Martin &
Jaqueline: vanaand op die tafel: "Het Kippetje In Den Hoed" en as die
prentjie dit nie justice doen nie dan sal jy maar eenmaal die reseppie moet
probeer want daar was net nie genoeg nie (selfs al was daar meer sou ons nie
opgehou eet het nie!!)
"Het Kippetje In Den Hoed" Hoender Pastei (klink
net nie lekker genoeg nie!!!)
Ek het nie 'n clue hoe dit so lekker uitgekom het nie maar hier is my
weergawe: EET SMAAKLIK!
- 1 pakkie pasteideeg
- 1 pakkie pitlose kersies 350g (pynappel
stukkies kan ook by kom of die kersies vervang)
- genoeg gemer & knoffel, sout & pepper (na smaak)
- 400g hoenderfillette (blokkie gesny)
- 50g botter / margarien (en 1 eetlepel om pan uit te smeer)
- 1 teelepel sambal (of enige iets wat bietjie brand soos chilli)
- 1 bekertjie room 200ml
- 2 eetlepels koekmeel
- 50g gerasperde kaas
- 2 eetlepels melk
- oondpan - pastei vorm
Braai die hoenderfillette met knoffel en speserye en kry die
pasteideeg gereed soos normaal -
smeer oondpan met botter uit en lê deeg netjies
in pan sodat kante bedek word en prik die bodem met 'n vurk (onthou om
koekmeel te strooi) . Voeg mengsel van gebraaide hoender en kersies vulsel
met room, rasper 'n laag kaas oor en bedek met deeg. Bak in oond (200˚
ongeveer 30 tot 40 minute) tot goudbruin.
"Bedien met 'n komkommer slaai
en goeie wit wyntjie - rooi is seker ook cool maar minder blazé (weet wat
dit beteken nie maar klink lekker om te sê, he he he!)". Ons het die aand
afgerond met 'n glasie Macadamia liquer.

2007 – 05 – 24 (Donderdag)

Tonijn eet, Ontmoet SA'ners, nog shopping!
Terloops, ek kan nie wag vir die naweek om aan te breek nie,
want die bokke speel teen Engelland (ek het 'n nuwe Bavaria ontdek genaamd:
SPRING Bock ontdek)

en
ons familiefees is in Groningen op Sondag. Dan sien ons weer die hele groep
vir 'n interesante dag. Weer opsoek na Suid Afrikaners in Nederland en
ontmoet Elize
wat
al 17 jaar hier woon. Sy werk by Transworld Radio en het lekker vir 'n
halfuur Afrikaans met haar gepraat. Later vandag loop ons nog 'n bekende
Suid Afrikaner raak:
MRS.
BALLS!, kyk hoeveel kos dit hier R49.90 vir een botteltjie!! Ek het ook 'n
klomp foto's geneem van een van die grootste tuinsentrums in Nederland,
INTRATUIN, spesiaal vir Diane! Ons moes eers toestemming by ingang vra of ek
mag foto's neem want die opposisie is hier nie welkom nie, veral nie met
kamera's nie! Ek is seker drie keer deur mense genader om te vra waar ek
vandaan kom en waarom ek die foto's neem! Gaan kyk gerus op ons
http://diehandeindietuin.spaces.live.com blog ir al die foto's.
Hierdie
is voorwaar 'n besonderse tuinsentrum - dis eintlik 'n warehouse-grote-tuinsentrum
met verskillende afdelings en alles wat in en om die huis nodig is kan jy
hier kry! En wat sien ek eenkant staan.......? 'n BUITELUG Stort! (kon nie
foto neem nie maar het video gemaak en sal tuis Saterdag vir Diane wys!
Pestopasta
Met Tonijn en Courgette
- 400g Spaghetti (of ander pasta)
- 1 ui (gepeul en gesnipper)
- 2 courgette (murgpampoentjies)
- 2 eetlepels (olyf) olie
- 1 pak tonijn (tuna) stukke in water (drie blikkies)
- ½ sak pietersielie (30g)
- 6 eetlepes rooi pesto
- 1 beker halfvet room (125ml)
Maak spaghetti soos aangedui op pakkie, kap die ui net soos jy wil, werk
heelwat knoffel in, braai in pan, maak sous met room en pesto (sout & peper)
aan die kant en wanneer pasta gereed.........meng! Los die pietersielie,
maar bedien met lekker komkommer slaai! (belangrike informasie = 660 kalorieë,
28g eierwit, 26g vet en 80g kolhidrate)
Lekker wit wyntjie rond dit altyd goed af!!!
2007 – 05 – 23 (Woensdag)

Shopping, Winkelen, Inkopies & Aan't Bier Weer!!!
Mamma was in haar element vandag! Sy
het my sovér gekry om selfs tweekeer dorp toe te loop om te shop! Shop vir
my is lekker......wel tot by die eerste klerewinkel (in Nederlands kan "klere"winkel
ook die geskikte betekenis wees hoe ek daaroor voel). Met ander woorde mamma
spandeer ure tussen die rakke en ek sit lekker buite die winkel (verkieslik
op 'n terras van 'n restaurantjie en bekyk die wêreld met 'n biertjie in die
hand).
Terwyl
mamma dan winkel op winkel op winkel op winkel deurdraf raak ek al hoe
vroliker ('n mens moet lig loop vir al die verskillende bier hier), ek en
die waitress kon aan die begin mekaar nie lekker verstaan nie maar aan die
einde was ons beste mates - sy't gou gesnap dat ek op 'n mission om soveel
moontlik verskillende biertjies te proe, is, en vandaar was dit plain
sailing!
Tuis gekom het ons lekker
chilli concardé
geeët en vroeg innibed geklim - wel
mamma het, want ek het tot laat nog op skype en msn gesit. Die tegnologie is
wonderlik en seker ook die oorsaak dat ek half 'n gevoel het dat ons gereeld
hierkom, dit voel of ek ons familie ses maande laas gesien het en nou gou
kom kuier het - eintlik is dit al vier jaar gelede! Martin (my oom) maak die
chilli concardé in die oggend en laat dit staan tot vanaand - dan het die
geure lekker in getrek en smul ons tesame met 'n botteljie wyn heerlik
daaraan!
2007 – 05 – 22 (Dinsdag)

Emosionele Dag, Radio Barneveld & innibos in
Holland!
Het vanoggend met 'n hunkering wakker
geword (nie wat jy dink nie!!!), nee ek moes vandag weer soute harring
in my lyf kry!
Hoevelaken is 'n klein
dorpie baie naby aan die middel van Nederland - Hier het ek weer my "wortels"
gaan opsoek! Daar is nog drie stelle familie wat in die dorp woon - my ouma
het jare hier gewoon al my ooms en tannies (aan my ma se kant) het hier
grootgeword. Ek het verby die huis gery waar my ouers nog gewoon het voor
hulle na Suid Afrika ge-emigreer het (ek onthou nog prentjies uit die dae
toe ons 6 of 7 jaar oud was en ons ook daar gebly het!) Jare later het ek
elke keer 'n punt daarvan gemaak om hier verby te kom wanneer ons na
Nederland kom. My Ouma & Oupa (aan my pa se kant) woon ook al 25 jaar in die
dorp. Ek raak iets emosioneel as ek hier ingaan en veral as ek stories
uit die verlede hoor.
Omdat
hulle uit Friesland kom praat ons van Pakke & Beppe (Fries vir Ouma & Oupa),
terloops ma & pa is Heit & Mem. Die gesondheid lyk nog goed (bietjie
moeiliker soos die jare aanstap) maar vir 'n 92 jarige Oupa en bietjie
jonger Ouma (89) wat nog alleen woon (nie in tehuis) en heelwat vir hulle
self kan nog doen, wil gedoen word. Ek vind dat ouer mense hier meer aktief
is en gesonder lyk, en gereeld sien jy nog bejaardes op die fiets na die winkel vir inkopies.
My oupa weet nog presies wat aangaan en hou elke dag die tv dop om op hoogte
te bly van alles, selfs ons (hy weet presies hoelaat ons geland het (paar
minute vroeër as verwag)) en weet lankal reeds
hoelaat ons op Schipol moet wees om die vlietuig betyds te haal.Hier het ons
nog 'n paar vissies ingeryg!!!
Lekkerrrrrrr!
Ek het later nog kontak gehad met my nig in Italië
en vir 'n oomblik of twee DIEP geraak oor die familiebande ens.

Die beste manier van 'n land beleef is nie soos die Japaners
in 'n bus nie maar om by mense te woon (nie Hotelkamers nie) en saam te gaan
na die winkels, skole en sportbyeenkomste. So beleef ons ook Nederland en
het 'n lekker trip mee gemaak op 'n skool uitstappie. Een maal 'n jaar word
die kinders uitgeneem op 'n uitstappie en die jaar was dit na 'n nabygeleë
bos waar die tema half 'n survival kleurtjie aan geneem het. Dit onderwysers
en ouers wat gehelp het, het die storie vertel van dwergies in die bos en
die kinders kon self hutte bou en kos maak. Hier sit Jochem en Hugo in hulle
huisie.
Ten
einde was die dag nog lank nie verby nie en kon ek na Radio Barneveld se
ateljees gaan om 19:00. Het lekker lank gesels oor Radio in Nederland en
ooreenkomste met Suid Afrika, met die Programbestuurder en kon ook 'n
interview doen met 'n "Amerikaanse" Country sangeres, Vivian Searcy. Lekker
laat tuis en nog gou "Jensen" op tv gekyk en daarna soos 'n os geslaap!!!
2007 – 05 – 21 (Maandag)

Big Mac indeks, Wit Sjokolade in België,
Bier & Waffels, Hou Links!
Onthou in Nederland ry almal aan die teenoorgestelde kant as in Suid Afrika
en is die vinnige baan dus die linkerbaan van die snelweg – ook goed om te
onthou dat voetgangers eerste voorrang het en dat fietsryers daarna voorrang
het – voertuie moet altyd geduld aan die dag lê wanneer twee fietse "wettiglik"
langsmekaar in die ryvlak ry en sovér moontlik om hulle draai wanneer jy wil
verby gaan. Somehow dink ek nie 'n taxi bestuurder in SA gaan dit hier maak
nie!!
Vandag
het ons besluit om ‘n twee uur tog te neem, die grens oor na Antwerpen –België.
Net voor ons die grens oorsteek stop ons gou by Burger king en eet een van
die lekkerste hamburgers sins…….’n big mity by twinz!!

Ek sal
tuis nog net een maal kyk of ons die lekkerste hamburgers maak in Witrivier
by Twinz en of Burger King Tops is! Jammer, maar Mc Donalds sukkel in die
derde plek vér agter!!
Ek
het in Antwerpen my verstom aan die ou kerk geboue, in die pleintjies ‘n
paar belgiese biere gedrink en bekende belgiese sjokolade gekoop. Die dorp
het my verbaas en lyk heeltemal anders as wat ek my voorgestel het – dit is
‘n gewone besige stad met heelwat riviere en bote, nou en dan ry jy op ‘n
pad wat onder die rivier deur gaan deur middel van ‘n tonnel en dan
natuurlik die ryk geskiedenis van die ou katedralle en geboue in die hartjie
van die stad – heelwat van die ou geboue word gerestoreer en in hotelle of
appartments omskep.
'n "Vriendelike"
jong dame het ons verwys na die beste sjokolade winkel in België
en ons het na hartelus 'n lekker verskeidenheid gekoop. Die wêreld se beste
se sjokolade teen R40 vir (250gr)vind ek was 'n bargain. In die hoek van die
kas sien ons toe die sjokolade wat bleikbaar heel gewild is want dit was
heeltemal uitverkoop!
Wonder waarom???
Ons het by ‘n klein kafeetjie gesit en die man daar het
vir ons die heerlikste waffles met roomys en slagroom gemaak – ek het die
kiwi fruit probeer maar die kersie en aardbeie vulsel was lekkerder – die
stroop het so gedrup as jy weglê in die sappige stukkie waffelglorie van
Belgieë.
Die meeste mense het van die werk af gekom – daar was ‘n
paar toerbusse met duitsers en japaners! ‘n Japanees is die snaakste toeris
ter wereld. Hulle is ook die enigste nasie wat die hele Europa in ‘n toerbus
binne twee dae kan deur draf, ‘n paar uur nodig vir die walletjies in
Amsterdam, kastele in Scotland en sommer "chop chop" deur Switzerland se
berge – jy moet die prentjie sien:
Die bus stop, uitpeul ‘n string Japanese, in ‘n ry
skarrel hulle na die standbeeld of katedraal – die cameras flits, ‘n paar
"Chinese" woorde tussen deur en dan in enkel gelid terug na die bus om die
volgende attraksie nog voor lunch nog te kan maak!
Ek
hoor in belgië is frite ‘n definitiewe moet – dis nou in ons taal slaptjips
maar top kwaliteit in die varste olie gebak met die lekkerste moyonaise
agtige sousie daarby – my mond water alweer maar dit sal maar moet wag tot
ek weer terug gaan volgende keer om dit te gaan proe!
Terwyl ons deur Holland toer luister ek graag Nederlandse
radio en kyk ook graag televisie – ek vind dat Nederland vér voorloop as dit
kom by kreatiewe nuwe idees vir realiteits televisie – dink maar aan Big
Brother en by voorbeeld die program waar chefs moet kwalifiseer deur sekere
disse op te tower om in die nuwe hotel van een of ander miljoener te kan
werk. Nou onlangs was daar nog so ‘n span in Kaapstad waar die leerling
chefs vis moes voorberei vir ‘n maaltyd vir die hoof beoordeelaar.
Wat radio betref luister ek na radio 538 en dit is
besonder interresant hoe hulle hul musiek varieër.
Daar is ten minste elke halfuur ‘n goue oue uit die 80’s afgewissel met die
nuuste top 20 liedjie en dan ondersteun hulle ook graag alle Nederlandse
groepe en kunstenaars.
Die BIG Mac! indeks:
Brood(Bruin) - R10.09
Melk (1Lt)- R8
Koffie (Filter)- R49.00
Tandepasta - R15.90
Wyn(R23 in SA) - R90
Bier(Amstel) - R45.00 (vir
drie in pub)
Coca
Cola - R8
Minerale Water (500ml stil) - R12
Houtskool - R29.80
Pizza (wegneem) - R70 - 80
Hamburger
Combo - R42
Petrol
- R14.40 P/L
Diesel
- R10.75 P/L
1400 Renault Clio - R200 000
Top
40 cd - R150
mp3 speler - R400
kaartjies na fliek - R75
Wees maar tevrede met 14% belasting in suid Afrika, hier
betaal ons 19% belasting, huur ‘n normale twee slaapkamer huis teen ongeveer
R10 000 per maand en die minimum lone betaalbaar in administratiewe of
verteenwoordiginde werk is ongeveer R15 000 per maand.
2007 – 05 – 20 (Sondag)

Andyvie, Sokker & Hockey, SA'ners Weg?
Vandag was rustig, ons het lekker gaan wandel (die dorp
verken) almal het 'n sokker game gekyk op TV en niemand was op straat nie -
dis veel stiller as wanneer daar 'n rugby game aan die gang is in Suid
Afrika! Weird om deur die strate te loop en jy kan van die straat af tot in
die mense se sitkamer sien (amper sy aandete uit sy bord kyk). Hier is geen
tralliewerk nie (elkgeval nie soos by ons nie), mense ry op fietse en groet
vriendelik verby, kinders kan gelaat word om in die parkie bal te speel ens.
Die koffie is STERK en die tuine klein (my soort tuin - Diane!). Ek sal
Saterdag op "Die
Hande In Die Tuin" blog foto's plaas en vertel van die blomme wat ons
hier sien.
In die middag het ons hockey gaan kyk en heerlike
Andyvie (stamp) geeët. Andyvie is 'n tipe slaai
blaar maar laat my meer dink aan spinasie, gemeng met stukkies spek, mash en
blokkies kaas! Liplekker!Ons sal kyk hoeveel resepte ons hier kan kry sodat
jy dit ook kan probeer.
(spot the
mistake??)
HIER IS DIE RESEP! JY BEGIN
MET:...........knyp twee balle vas tussen jou bene.......met jou hande en
knieë op die stene....!
-
Kry Andyvie (as jy kan in
Suid Afrika) anders sal Spinasie ook werk! Twee sakke, kook een tot gaar
enhou die ander sak tot later.
-
Maak mash met patato's!
-
Braai blokkies spek
-
Wanneer mash gereed is gooi
andyvie by en meng, gooi ook spek by.
-
Terwyl simmer, meng bietjie
vir bietjie die tweede sak by sodat jy 'n mengsel van sagte gaar andyvie
en meer krisp/vars andyvie in die pot het.
-
Sny vierkant blokkies (cubes)
gouda, cheddar of mengsel daarvan en gooi by net voor bedien sodat dit
ietwat kan smelt in die hitte!
-
Sit voor in die ry anders kry
jy niks!!!
O ja, lekker botteltjie
Chardonnay help ook natuurlik!
Terloops ons plaaslike
Barneveld mans hockeyspan het gewen 7-5 en natuurlik 'n paar biertjies om
die fees te vier daarna gehad. Hey, ek was vanoggend woes naby my merk op
die skaal - sal aanhou!
Ons beplan 'n trip na Belgieë
môre (hoop nie die ambassade lees hier nie - ek het net enkel entry visum)
sal maar sien! Gaan ook later die week na 'n dorpie genaamd Hoevelaken (familie
dag sê)!
Ek soek hard na 'n paar Suid
Afrikaners hier - maar het nog net een meisie gevind by die hockey wat die
goalie was. Sy het 'n Springbok trui gedra terwyl sy gespeel het, maar het
dit verlede jaar gekoop toe hulle in Suid Afrika was. As jy weet van iemand
- gou my in die hande kry by
robin@radiolaeveld.co.za
Groetjes, tot later!
Doeie.
2007 – 05 - 19 (Saterdag)

GO BULLE! (20/19) GO BULLE!
Saterdag was die plan
om hockey te gaan kyk! Die Bulle speel ook nog vandag en ons gaan later dit
van die internet stream sodat ons ook kan weet!!! Rugby is nie groot hier
nie, in fact: Rugby? (vraagteken) is al wat jy kry as jy noem van die sport
met die “rare ei-vormige bal”!

Dit was ongeveer 9:00pm
en steeds lig buite tydens die game!!
Jochem se span het
gewen 8-3 maar die span van Amber het verloor, jammer!! Ek geniet die
byeenkomste hier en vind dat ouers hier veel meer tyd aan hul kinders
spandeer as ons. Die gejaag na wind slaat nergens op!!
Het gou die kans
waargeneem om soute haring en broodjie kroket te doen! Ek is oortuig ons
gaan sakke vol geld maak as ons ‘n franchise hiervan in Suid Afrika oopmaak.
Het vir Norman en Joris
(oom en neef wat al op Loftus ‘n game van die Blou Bulle gesien het) genooi
om vanaand se game te kom kyk. Lekker gehaktballe geeët en toe die sms’e
begin deurkom het ek geweier om die uitslag te kyk want ons moes die
internet stroom drie uur later kyk! Spannende einde van die wedstryd maar
wat kan ek sê… die BULLE BLY BAAS!!!!
Na die game is ek en
Martin terug na die Bluegrass Music Festival om interviews te doen en te
luister na die musikante – twee biertjies verder het dit weer TOP uitgedraai!!
Die mense kom van oral (Amerika, Skotland, Swede, Switzerland, Tchegiese
Republiek ens.) en op elke hoek sit mussos en jam uit verkillende musiek
wêrelde – ek wonder wie gaan die meeste van Bluegrass hou, Roelf of Bez (Gert &
Andre). Ek self vind dit is veel beter as Blues en Jazz (sal hoor wat hulle sê).

2007 – 05 – 18 (Vrydag)

Martin (eindlik
OomMartin) kom ons haal, ons bly by hulle in Barneveld en aan die einde van
die maand gaan ons na Groningen waar die famliefees die jaar plaasvind. Die
rubber hoender se eiers het sy ding gedoen en ons moes halfpad na Barneveld
net gou stop vir ‘n naarrig’eitjie maar selfs dit kon nie ‘n demper op ons opgewondenheid plaas nie – LEKKER OM WEER TERUG IN HOLLAND TE WEES!
Van buite
en van binne
tuis.
Tuis aangekom, reëlings
getref (ons eet nazi goreng vanaand, yeah!!!) en gou entjie gaan wandel voor
ons vroeg gaan slaap (jetlag van die jetsitters!!!).
Later besluit
ons tog om gou ‘n draai te maak by ‘n musiek fees wat in die dorp plaasvind
(teen agt uur is dit nog helder daglig hier – voel soos vyf uur in SA). Dit
was heel interesant en ons het die plaaslike radio omroepers van Radio Barneveld
en sy seun ontmoet – gaan later terug kom vir interviews!!
2007 – 05 - 17 (Donderdag)

Dit het
lank geduur maar uiteindelik het
die dag aangebreek dat ons na
Nederland kon vertrek! Net vir die rekord: ek het besluit om tog maar die
skaal nader te trek, net om seker te maak dat ek nie te veel kg’s by sit en
die lughawe personeel nie nodig het om die boete boekie in te vul nie.
Ek onthou nog vroeër
die jaar het ek besluit om die skaal onder 100Kg's te trek, helaas nog nie
reggekry nie!
Weird hoe mens se
emosies woer-woer met jou kop speel 'n paar uur voor jy groet –> “het ek nie
vergeet om…”, en “..wat moes ons nog….”, en “….kan ek nie net gou nog…” ens.
Ons het sitplek op ry
43 gekry in die middel – dit op sig self is nog nie so erg nie maar agter in
die tuig!! As die vliegtuig weg trek sit jy agter en kyk na die mense voor
wat in die lug sit en jy voel soos ‘n stert wat agterna gesleep word, en beknop (mag
dalk wees dat ek ‘n paar pondjies aangesit het sins die laaste keer wat ek
gevlieg het), maar vir tien ure in dieselfde stoel met jou bene teen die
persoon voor jou se rug en ‘n fris vroutjie wat weier om arm spasie te deel
op die leaning langs jou, is nie ‘n grap nie!
Ek is oortuig daarvan
dat die Boeing 747 se vorige stop iewers in China was want al die voorprente
op die skerm was oor China en aandete…….een raai? – Chop chue, selfs die wyn
was in chinees en die eiers vir ontbyd kon net so wel uit ‘n rubber hoender
hol gekom het wat gemodifieërde mielies geeët het – uhmm mmm hoe mis ek
“spek en eiers” nou (private joke)!
In die verlede het ek
al gesê ek sal op enige plek kan slaap maar die vlug was ‘n nagmerrie, ek het
letterlik die ure sien verby tik.... 1uur.....2uur....3uur... – die crappy movies is ouer as op SABC en
jy kan net soveel keer Mr. Bean On Holiday (in China nogal) kyk!
Dit was wel lekker om
die sappige waardinne dop te hou terwyl hulle ingeoefende gesiggies die duty
free goodies aan die armgat Suid Afrikaners (wat in die euro mark moet
meeding) probeer afsmeer. Dit lyk of die oom voor my weglê in ‘n playboy,
hy is nou al in die blou pilletjie ouderdoms groep en ek begin wonder hoe
lyk dit daar voor in die vliegtuig…….wag, miskien ‘n Jacuzzi met drie blonde
Heineken girls in deurtrekkertjies…..of ‘n kingsize dubbelbed waarop ek
uitgestrek kan gaan lê en met die klap van ‘n vinger word aardbeie en room
aangedra…..yeah right!
Daar begin die movie –
O great dis Runaway Bride……1944!!
Ek lees maar gou die
Telegraaf (Nederlandse Koerant) om my Nederlands op te knap – ek het lank
gelede deur langer as twee paragrawe Hollands gepraat terwyl die vlugkelner
(Deon help, wat noem mens hulle nou al weer?) opmerk dat dit lyk vir hom of
ek terug vlieg huistoe – nee (beleefd!) ons gaan op vakansie, gebore in Suid
Afrika met familie in Nederland en ons woon die jaarlikse familiefees by!!!
Nou raak dit stiller op
die vlug die ligte word ietwat gedoof en een vir een raak meeste (ja meeste….)
aan die slap! Ek kry darem ‘n oog toe maar nie vir lank want sodra jy begin
visvang kry jy so ‘n stywe spier in jou nek, dan maar wakker bly en probeer die credits
aan die einde van ‘n fliek lees!! Jou kop kry genoeg tyd om aan allerhande
stront te dink – ek onthou nog jare gelede was die tien uur vlug veel langer.
Destyds moes ons om Afrika in plaas van oor Afrika vlieg (as gevolg van
oorloë hoër op in Afrika, sanksies teen Suid Afrika en apartheid – ja
blameer alles op apartheid!), met ‘n stop op die kanariese eilande vir
brandstof. Die vlug was net onder twintig uur lank maar ek was rond elf jaar
oud en het my nie veel aan ongemaklike sitplekke gesteur nie.
Gehaktbal, lekker
broodje kroket, soute haring en “pattat met...” is van die lekker Nederlandse
snacks wat ek moet gaan eet en terwyl ons die Sahara oorsteek dink ek weer
onwillekeurig aan al die bier in Holland (sal myself maar moet inhou!!)
Nou nog net die
middelandse see oor dan is ons in Europa! Miskien gou by Burger King inloer
voor Martin ons ophaal.

In die vliegtuig.
10 May

Snowed Under!!!Camping Galore!!HollandSoon!!
Ek weet nie waar om grond te vat nie! Op die oomblik
gaan dit rof en probeer ek 44 vurke vashou want een is
te vol!!
Nou ja, ek dag laat ek gou 'n paar fotos van die
onlangse paar weke se camping plaas! Ons was in Baberton
en Swadini en loop die naweek Skukuza mis (jammer)! Wat
ons eindelik na uitsien is ons trip na Holland binnekort
- Ons gaan regstreeks vandaar uitsaai en ek sien uit
daarna om op Radio Laeveld 'n klein gedeelte van
Nederland te laat deur skemer met musiek, nuus, weer,
verkeer (as dit moet) en lekker geselsies met expats en
Nederlanders. Natuurlik sien ons weer familie op die
jaarlikse familiefees (kan nie wag om op te vang nie)!
Dit gaan great wees om oor so 'n groot afstand steeds 'n
program te kan aanbied (tegnologie is great!). Hier is
die datums as jy wil saam luister op radiolaeveld.co.za
(Maandag 21 Mei tot Vrydag 25 Mei tussen 9h00 & 10h00).
Kyk na die fotos van ons
nuwe tent (was op special by Game), dis 'n twee
slaapkamer met 'n gang, kombuis en 'n entrance!(Wie soek
nou 'n karavaan, haha)! As jy styf teen mekaar lê
(lepel) dan gaan ons maklik twee rugbyspanne (of korfbalspanne)
kan slaap!! Ons het
intussen aangesluit by die karavaan klub in die laeveld
en kan met groot trots noem ons is die eerste "tenters"
wat amptelik toegelaat is tot die (voorheen eksklusiewe)
Klub!!! Vat So!!
Ons beplan in elkgeval 'n karavaan later
(finansies!!!jy weet), Oom blokkie belowe 'n bargain!
Moet sê
die camping ding val nogal goed in ons familie (met 4
vrouens) in, en so sonder haardroeërs kom sy die mas
op!! Ek het besluit ons camping slogan van nou af is "hieraan
kan ek gewoond raak":
die
lewe so om die kampvuur tussen ander campers
is......wait for it "iets waaraan ek kan gewoond raak".
Daar is mense wat net een keer 'n jaar terug gaan
huistoe, die res van die jaar camp hulle van staan plek
tot staan plek (soms maande aan een): "hieraan kan ek
gewoond raak"!!!
Kyk die lekker kos wat ons eet, so tussen die pannekoek
en braaivleis deur drink ons gewoontlik nie te veel nie,
......wel gewoonlik!!! Rugby op camping is fees - jy
staan tussen die kole en dop en hoor elke keer as iemand
'n drie druk en tussen die "kenners" se menings deur kan
jy presies die game volg (en hoef nie eers die Rapport
more te lees vir die uitslag nie). Gepraat van Rugby: Go
Bulle Go Bulle!!!!(die eerste jaar dat ons twee spanne
in die super 14 het en een van hulle is my span!!!!).
Die berge is by Swadini en as daar weer 'n kapenaar vir
my sê net hulle weet wat berge is, skree ek weer vir die
Haaie!!
Die volgende blog gaan vanuit Holland wees met foto's en
nuus oor alles wat ons elke dag daar gaan doen - SIEN
UIT!!!
08HRJ

...het
vanoggend wakker geword en getooi met
die probleem waarmee ons almal seker
al gesukkel het. Die lekker gedeelte
daarvan is om te sit en kyk na mense
en hoe elke persoon verandering in sy
lewe hanteer:
Die
Kleur Van Jou Onderbroek!!!
Dit gebeur soveel dat ons sonder dat
ons dit besef ons siening of standpunt
wil afdwing op ander. Dit is bloot uit
die soort lewe wat ons lewe waar ons
onder sekere norme groot word (in
kategorieë groot gemaak word – bly
binne ons hakkies (riglyne) en oor die
vingers geraps word as ons die grense
toets om nie eers te praat van oortree
nie) en as iemand nie volgens die
selfde norme handel nie kan ons “nie
verstaan” dat die persoon nie die
selfde voel soos ons oor ‘n standpunt
nie – so erg dat ons selfs bereid is
om te “veg” vir die saak!
Maar dis ‘n probleem in Suid Afrika al
vir langer as tien jaar:
Voorheen was daar harmonie! Harmonie
vir een gedeelte van die samelewing,
ons het geniet wat almal geniet want
almal het saamgestem, almal het
dieselfde ondersteun en almal het
dieselfde gedink – (maar eintlik was
die wat aweregs was of nie saamgestem
het nie eenvoudig gesnoer, gehalter,
gekortwiek, (selfs gemartel indien
nodig) maar die wêreld het net gesien
wat voor die skerms gebeur (hoe die
“vooruitgang” suksesvol is).
Wanneer iets gebeur om die gewoonte te
verander, of mense skielik moet aanpas
met iets nuuts soos ‘n “nuwe Suid
Afrika”, ander denkrigtings aan
gewoond moet raak, iemand anders die
septer swaai as waaraan bekend is, is
die gort gaar.
“Verandering” weet ons is nie iets wat
goed sit met die “mens”nie – soos
diere is ons gewoonte-gedaantes (maar
met ‘n brein) en dis juis daai brein
wat die pollemiek veroorsaak. Nie
almal hanteer “verandering op
dieselfde manier nie en dit wat die
interesantste is dat die wat die
verandering oorspronklik ondersteun
het is die wat die meeste sukkel met
äanpas by die verandering (en steeds
erken hulle dit nie)!
Bring my terug by die vroeëre punt.
Voor die veranderings het hulle dit
woes geondersteun (want hulle was dan
deel van die proses tot verandering en
dink hulle agter in die kop: “hulle is
deel van die “opstel”van die
verandering en dat die verandering mos
in sy kraal gaan inspeel want die
besluitnemer is dan uit dieselfde
stoffasie”).
Wanneer die besluitnemer dan ‘n
besluit neem wat die groter prentjie
aanspreek eerder as elkeen se
persoonlike doelwitte, en sodoende
homself in die “saal van ongewildheid”
plaas, tel die voorheen positiewe lede
klippe op om hom te onderdruk met hul
sienswyses. Alles word in die stryd
gewerp om terug te keer na dit wat
bekend was, klein molshope word in
berge verander (met die nodige redes
om dit te boekstaaf) en op die manier
vestig hulle sogenaamde vrede, waar
almal dieselfde dink, eet praat en
slaap - waar almal dieselfde
onderbroek dra (ander klere elke dag
maar dieselfde onderboek)!
Die persoon wat gekritiseer word as
gevolg van anders denke word nou die
vyand maar dit bly interesant dat
dieselfde kleur onderbroek steeds deur
die uitgeworpene gedra word – en al is
die vesoeking groot om dit te verander,
is hy steeds trots op sy wortels is en
dus nie die kleur van sy onderbroek
wil verander nie.
Moenie
dat “verandering” die kleur van jou
onderbroek bepaal nie!
Kom ons werk in die miljeu van vandag
en gebruik “verdraagsaamheid” as
ontlont woord vir konfrontasie(staan
iewers in dieselfde bybel as wat jy
lees). Nie die geval van “aanvaar my
standpunt tot jy “verdraagsaam” is nie!
Besef dat dit oraait is om te verskil!
Gee eers verdraagsaamheid en vra dan
daarvoor.
Aanvaar dat “verskil” een van die
belangrikste aspekte van
verdraagsaamheid is want sonder
“verskille” is verdraagsaamheid nie
nodig nie.
Een persoon kan nie sy standpunt op ‘n
ander afdwing nie, maar kan ook nie
die belangrikheid van die ander
persoon se standpunt vir homself,
onderskat nie! – Skaakmat!(Lees Vonk
April 2007 (Agterblad met Steve): “Die
Rank Van Tiranie” deur Steve Hofmeyr.)
Mense moet toegelaat word om self
keuses te maak, maar met dieselfde
toelating moet die keuses toelaat dat
ander keuses nie beinvloed word nie.
Maar dis alles goed en wel – wat
gemaak met al die bogenoemde hooi
pollooi!
Aanvaar eerstens dat binne jou kringe
daar wel ander opinies (opsies) is, en
dat daar groter bedreigings van buite
kan kom om te infiltreer en dan die
“gesonde”binnekring probeer ontsier.
Hiedeur onstaan die binnegevegte van
wat is reg en wat is verkeerd.
Konsentreer jy net op die binnekring
verloor jy kontak met die bedreigings
(en goeie dinge) van die buitekring.
Konsentreer jy te veel op die aanslae
van buite verloor jy die voeling van
die binnekring.
Tree in die woord “balans”:
Maar balans is al in die begin van
blans oneweredig! Sodra jy balans noem
word twee (of meer) gewigte op die
proef gestel, en om dit gelyk aan
mekaar te kry is amper onmoontlik –
maar definitief onprakties – want as
die balans aan al die kante eweredig
is, is ons terug by die begin van “harmonie”,
wat kan lei tot stagnasie.
Hoe balanseer ons dan vooruitgang en
stagnasie?
Met ‘n mate van balans!! Nooit
eweredig, maar voortdurend
ondersoekend en soekend – in daai
volgorde 1. ondersoekend (self), 2.
soekend (buite self).
Maak nie saak hoeveel soekend of
ondersoekend jy is nie – die woord lê
steeds in verdraagsaamheid – laat
iemand anders se geur toe om te
bestaan, sonder om jou eie geur
daaronder te laat lei!
Die globale gevolg hiervan is dat
geure wat mekaar komplimenteer, nader
aanmekaar beweeg en die geure wat
teenstrydig is distansieër self. Die
prentjie het dieselfde gevolg as die
gedwonge taktiek (soos wanneer iemand
sy standpunt afdwing op jou ) maar
gebeur uit eie keuse sonder dwang!
Vandaar kan ‘n mens dalk verder terug
staan en populariteit meet, alhoewel
populariteit niks seggend is – want
wie bepaal die minderheid se waarde
van kwaliteit of hoe belangrik die
kwaliteit vir die minderheid is?
Die meerderheid se bepalling van die
minderheid se waarde of belangrikheid
van die kwaliteit het geen bepaling op
die uitkoms nie.
Ter opsomming:
VERDRAAGSAAMHEID = BALANS =
VERDRAAGSAAMHEID
Sien jy die balans?
Robin J
Familietroue
TANNIE MET SNOR, BITSIGE TONGE,
VERRUKLIKE NIGGIE, FAMILIE SKANDE,
KOTSENDE BRUID, OOM SE SEKRETARESSE,
OORTYD VOGGIES & DOMINEE’S VROU.
Identifiseer in elke familie trekke na
wat oor alle taal & kultuurgrense heen
dieselfde bly, sien jouself, jou oom,
jou tannie, oupa en ouma, jou skoonma
of skoonpa, broer of suster en
aangetroudes in ‘n stamboom
wydverspreid, genoeg om geskiedenis te
maak met elke bymekaarkom geleentheid.
Al wanneer ons mekaar sien is met 'n
funksie. Tannies en ooms, niggies en
nefies, oumas en oupas kom van heinde
en verre en die weirdste ding is alles
word herhaal sins die vorige "groot
gebeurtenis"!
Maar wag laat ek voor begin: Dit begin
al wanneer die uitnodiging by jou deur
opdaag, gewoonlik een of ander
vreeslik opgewonde sot wat jou
begeesterd uitnooi met woorde soos "diè
keer gaan ons kuier tot die son opkom"
of "groot dinge word beplan, is jy
in?". Vir 'n oomblik het sy jou amper
oortuig maar wanneer jy die foon
neersit mompel jy onderlangs hoe jy
nie vir die klomp lus is nie.
Die ironie is voor jy jou oë uitvee
staan jy alweer in die arms van die
gevreesde "ou jong nooi" sakkerige
tannie (met 'n snor) op die dansvloer
en stoei letterlik om jou pinkietone
uit die pad van haar lomp stampers op
die “Blou de Nou” te hou.
Nou besluit ek maar dat observasie in
plaas van betrokke’rasie die komiese
antwoord op my penari’asie kan wees.
So besef ek toe mos dat die tafel (twee
tafels verder aan die linkerkant langs
my) met die tannie vergesel deur haar
ma en twee verruklike tienerdogters
sonder haar man (wat iewers langs die
kus van Mozambique lê en vis vang,
eerder as om die familietroue
by te woon) die onderwerp van
bespreking is rondom die tafel reg
voor die bruidspaar (die bruid se
ouers tafel).
Na 'n bietjie ondersoek kom dit aan
die lig dat die bruid se ma (wat die
jonger sussie van die tienerdogters se
ma is) die moer in is oor dat sy die
audacity het om haar skoonmá in haar
man se plek saam te bring (want iemand
moet mos die kos eet - daar is mos
voor gebudget?), haar dogters meer
aandag kry by die jongmanne in die
saal (al het elke stuk 'n sleepsel aan
die hand) en die cherrie op die
spreekwoordelike koek is dat die
mammie (van die dogters) self nie te
versmaai is aangesien sy heelwat
piekanter vertoon met 'n funky nuwe
haardos, heelwat pondjies skraler en
bonop nes haar dogters ook meer aandag
trek (as die bruid se ma) tussen die
oomies!
Maar was dit dan nie die einste tannie
wat oorkant se bitsige tongetjies
losgemaak het omdat sy 'n
huweliksberader moes nader trek na die
vorige familietroue,
omdat die oom heelnag tussen die
barcounter en poppie daaragter keuses
moes maak oor die hoeveelheid aandag
wat elk verdien nie?
Aan my tafel sit 'n paar vreemdes (eintlik
bekendes maar ek kan weer nie onthou
van waar en wanneer nie). Al hoe jy "vreemde"
familie uitken aan "vreemde" vriende
is dat wanneer hulle jou groet (en jy
deur jou databasis search om uit te
pluis wie de hel is dit nou weer?) die
vriende sal opmerk "onthou jy, ek was
saam by die bachelor party of jy was
by ons troue laas jaar", en dan onthou
jy onwillekeurig dis nou weer die
bruid wat halfpad deur die aand deur
haar vriendinne onderskep was, aan die
tafel vasgespyker en sonder ophou al
die kleure van die reënboog se
Zambuca's ingejaag het! Haar nuut
getroude man was die moer in en het
haar netjies uit die kots (nie meer in
die kleure van die reënboog nie) later
opgetel, in die wittebroodskar gelaai
en met tollende wiele daar weggetrek
dat skoonpa amper sy haelgeweer uit
die bakkie wou gaan haal (as dit nie
was vir die koeksister tannie wat hom
tot bedaring gebring het nie sou hy
seker vandag nog die hael uit sy gat
moes haal).
Dan begin die speeches: nes elke troue
staan daar iemand wat homself voorstel
en vertel watter voorreg dit is dat
die bruidspaar hóm gekies het as
seremonie meester (asof dit hom
verkiesbaar gaan maak vir volgende
klubkaptein van die local bass
hengelklub). Heildronke is my beste
(of is dit nou boringste?). Jy kan
maar weet iewers gaan daar 'n
traantjie van ma se wang afgevee moet
word, iemand gaan vertel hoe great die
ouers is en dat hulle die gaafste,
gemanierde, en o ja hoeveel jaar hulle
al vriende van die spreker is of deur
watter diep water hulle al saam geloop
het om die arme bloeitjies hier vandag
te kry, om nie eers te praat van al
die sakke sout wat saam opgevreet is.
Verkieslik vergeet almal op daai
oomblik hoeveel keer die skoonpa al
deur skoonma in die restaurant uitjou
is omdat hy met sy sekeratesse 'n
lunch deur ge"werk" het, of die keer
toe sy op die baas se skoot gevang is,
kwansuis 'n tikfout wou uit tip(s)ex.
Almal dink op daai oomblik toevallig
nie aan die dag of laat ek sê dae toe
pappa nie by haar verjaardagpartytjies
was nie, in 23 jaar nog geen kersfees
'n geskenkie gekoop het nie, altyd vir
haar gesê sy lyk soos 'n flerrie met
die kort rokkies wat sy dra (dit nogal
voor die seuntjies wat kom kuier het),
en dan die "familie" geheim (hoekom
weet almal dan daarvan?) sy hofsaak
wat nou nog hangend teen appel is en
as gevolg hiervan nog nie sent vir die
laaste twee jaar bygedra het tot die
huishouding omdat hy nie werk het
nie!
Nee, die lasting impact wat hy op haar
leeftyd gemaak het is onuitwisbaar en
hier sit hy vroom en luister na die
vleiende woorde wat "Nikki" vertel
asof hy dit self geskryf het (ons
almal weet die dj het dit vroeër die
middag voorgestel)! Kyk daar pik nog
iemand 'n traan (siek man, siek!).
Dit verander ook nie wanneer die
bruidegom sy speech moet lewer nie!
"Dankie vir die omie met die troukar"
('n flashy BMW), "dankie vir die
tannie van die troukoek" (....gaap!),
dankie vir die dominee en sy boodskap
(onnodig om te noem dat niemand hier
vandag in die dominee se kerk is nie,
want sien, hy staan in vir die
oorspronklike dominee wat om een of
ander verstomende rede nie die “gig”
wou doen nie en huidige dominee ken
die bruid vaagweg van baie lang terug
(iets van sy dogter was saam met haar
op kleuterskool waar mevrou dominee
die onderwyseres was). Terug by die
toespraak:....vir die mense van die
saal (gaap!) en........o ja daar
vergeet ek amper!: my bruid:…."daar is
nie woorde (ja want al die woorde is
al gebruik!) hoe lief ek vir jou is
nie, jy lyk so mooi soos........bla
bla bla (gaap!).
Die dj kry natuurlik ook sy strooi in
(soms tot vervelends toe, gewoonlik
wanneer die bruidegom op sy diepste
hartroerende gedeelte van sy toespraak
kom terwyl hy die oudste ouma in die
gehoor bedank vir haar onmoontlike
lang trip van die plaas in
moerlangspan, speel hy "lets talk
about sex baby" of "houtkabouter jy's
'n stouter, jy laat jou tog so maklik
vang.....", yeah right!
Met
die ruiker en kousrek gooi (gaap!) is
daar altyd 'n koekie wat gesmeek moet
word om asseblief tog net na die vloer
toe te moet kom, altyd onwillekeurig
met 'n verleë grin op haar smuck (dieselfde
soos verlede Vrydag toe sy die
hoofseun ook agter die fietsloods moes
laat hoor "nee, hou op, moenie, stop
dit"), sleep haar niggies en tannies
haar na die vloer net om daar soos in
die aspoestertjie storie in 'n
losskrum platgetrap te word deur die
vet ou grotes vir 'n ruiker wat na die
gestoei meer woes as die girl wat hom
gewen het se hare lyk.
Die
bruidegom word gedwing om "weer" op sy
knieë te gaan en sonder sy hande nogal
die kousrek onder haar rok uit te haal
(nadat sy dit lekker hoog moes optrek!)
met die dj wat kortliks dreig om te
loop as hy nie gou maak nie! Ek dag
sy's nog 'n virgin?, en wat moet haar
pa dink hier voor al die mense, hy't
haar dan nie so geleer nie?:…"vrou
loop haal my haelgeweer in die bakkie!",
"wag nou pappa jy was ook so "s(j)impel
toe jy so oud was, onthou jy op die
plaas by die heining en oupa wat die
elektrisiteit loop aanskakkel het...."
Ek
staan toe later met die bruidegom ‘n
sigaret en deel waar ek die hele
storie moes hoor van hoe bevoorreg
hulle is dat die honeymoon op ‘n
skinkbord en gratis vir hom aangebied
was, en wie sal nou nee sê vir ‘n all
expenses paid trip na ‘n wildsplaas
iewers in die Vrystaat en daarna ‘n
cruise op ‘n Symphony sort skip na ‘n
oos asiatiese eiland en voor hulle
verlof heeltemal uitgeput is ‘n week
of so in ‘n strandhuis van een of
ander rykgat Amerikaner wat hulle moet
gaan “oppas”. Al wat ek wou weet en
maak toe sommer so terwyl ek ‘n lang
trek vat ‘n grap en vra is dit ál wat
jy op ‘n skinkbord gaan kry? – die
jong man kon nie wegsteek hoe onkant
hy gevang is met die stelling, verstik
amper in sy rum en coke en maak asof
iemand daar oorkant hom roep! Ek
verskoon hom, my kop begin in elkgeval
‘n bietjie draai van die Camel Mild en
sluit maar weer aan by my vrou en gaan
by die tafel sit en kyk na die blog
foto’s van ons onlangse holiday in die
wildtuin.
Die
Hollanders aan ons tafel beplan hul
vertoningtjie wat hulle net na die
poeding gaan lewer. BADABING BADABONG
is die ding se naam waar pa en dogter
elk gewapen met ‘n pot wat om die nek
hang en ‘n houtlepel tussen die bene
gestring, ’n versie / liedjie in
Hollands die gehoor mee gaan vermaak.
Trouens familietroues in
Nederland is soveel meer opwindend as
die spannende Suid Afrikaanse
familietroues!
Die
bruid se broer is ‘n attraksie op sy
eie!
Behalwe vir die feit dat hy tot in sy
sokkies geskok was dat hy nie vir die
heildronk op sy ouers gevra is nie het
sy sukkel-sukkel neef opgedaag met ‘n
splinternuwe bus, die einste neef wat
hy ‘n paar jaar vroeër geld voor moes
leen om hom uit die kak te help (en
van daai dag af homself in ‘n hoër
klas as sy sussie en haar man geag het).
Die broer was in elkgeval nie meer so
gewild as wat hy wou wees nie, onder
die res van die familie as gevolg van
sy spandabelrigheid by sy kinders se
verjaarsdagpartytjie – tonne en tonne
drank op die huis, ‘n hele skaap vir
die geselligheid en heildronk op
heildronk oor die nuwe karavaan, nuwe
dubbelverdieping by sy huis, nuwe
bakkie, nuwe….. bla bla bla (gaap!).
Onnodig om te noem sy kind word maar
net vier!!!
Hy
ontdooi (met behulp van ‘n paar sterk
whiskeys) later die aand en waag dit
aan ons tafel met ‘n snotty opmerking
soos wat drink julle – “Jack Daniels
kap ek terug (wetend op wat dit
afstuur) en wag slaggereed met nog ‘n
paar (indien nodig). “Nee wat ons moet
saam in besigheid gaan”, sê hy, “hy en
sy vriend sal belê”, ek moet net met
‘n idée vorendag kom…bla bla bla en….(gaap,
yeah right!!). Dinge het heelwat
verander sins ons vorige
familietroue maar gelukkig kan
ek en sy vrou darem nog ‘n savanna
oomblik (it’s dry but you can drink it
- moment!) deel aangesien ons
aangetroudes hier is. Sy, ‘n hele
dekade langer as ek maar steeds
aangelas en uit óns hoek word dinge
heel anders bespied as van binne die
kring van die familietroue.
Iewers later in die aand steek die
“Paris Hilton” look-alike haar kop uit
en gou genoeg word die twee
breinselle duidelik wanneer die by nou
al oorlopende G&T's sy tol eis, haar
boyfriend (dis nou die bruidegom se
neef van Klerksdorp wat naweekpas uit
die kollege het) wip hom en begin
opstuk flirt met die eerste besemstok
wat beter as 'n mop lyk, al is haar ma
die geskeide ou jong nooi met die
pruik wat die dominee se vrou probeer
oppiep (want sien haar ex-man besit
nog 90% van die aandele van die
vakansiehuis in St Lucia waar die
dominee gesin gereeld gaan uitspan).
“Paries Hurlton”, soos sy na die
vorige familietroue
gedoop is, begin nou verlang na haar
outjie uit die kollege en kruip nader,
nie 'n saak met die besemstok nie, hy
werp haar eenkant toe, terug na die
verveelde dominee's vrou en vat koers
in die rigting van die heupswaaiende
“Paree” wat haar flikkers aan het vir
haar skoothondjie. Vanaand lê hy weer
lang trane en tjank voor die ingang!
Wat
my die meeste verbaas is dat mense ‘n
troue wil aanbied maar dan vir die
familie wil dwing om nie kinders saam
te bring nie – soos die skoonma wat
maande voor die familietroue
een aand op ‘n stoep by ‘n braai
vra: “wat gaan julle met die kinders
doen?”. Dit was die eerste wat hulle
daarvan hoor en met die beste takt
antwoord hy dat hulle die campingcot
saam gaan neem (altwee!) en gaan maak
soos altyd – uitkampeer in die
restaurant! Verontwaardig probeer sy
dit voorhou dat as sy hulle kinders
toelaat moet sy al die ánder kinders
toelaat insluitend die twee
onmoontlike “brad” seuntjies uit
Ladysmith. Hulle ma en pa kan ook nie
besluit of hulle wil skei of nie, of
sy haar skelm petrolstassie bestuurder
boyfriend gaan groet of nie, of hy
minder gaan drink, meer gaan bad en
nie meer sy middagtoebroodjies met
ghries onder sy naels gaan eet nie en
sy karre panelbeat in plaas van haar
nie. Die twee seuns (5 & 7 jaar oud)
is al in nege verskillende skole die
afgelope drie jaar en is al gevra om
te loop uit vyf van hulle. Die
sielkundige meen dit is as gevolg van
hiper –A.D.D.: maar ons weet maar al
te goed dat ma en pa se dinge met ‘n
bietjie aandag en liefde maklik
uitgesorteer kan word!
Skoonma se halweprotes was van korte
duur en al die kinders wat eers
verbied was, is nou weer deel van die
familietroue. Sy
sou in elkgeval nog haar mind ‘n paar
keer later verander om almal gelukkig
te hou, soos die bruid se rok: nadat
ma haar in ‘n ander bloedgroep in
gewip het omdat die vrou van die
eerste rok geweier het om die deposito
terug te betaal na klagtes van
kunsmatige blinkertjies en die vaal
beige kleur en natuurlik die prys wat
gelykstaan aan ‘n dubbelverdieping
huis in Orchards!
Rok
nommer twee was ook nie perfek nie –
haar boops het ‘n tikseltjie te
prontuit vertoon (na ouma se sin) en
in elkgeval sou dit uitwip met die
eerste excitement tydens die kousband
petalje (ja elke troue moet een hê)!
Die kleur en tema van die
familietroue het ook ‘n paar
keer verander (en gedreig om die goeie
verhouding tussen ma en dogter ‘n paar
keer te verwoes), wie verantwoordelik
sou wees vir die drankrekening het ‘n
bepallende invloed gehad oor wie
genooi sou word.
Ek
sit nou hier, eenkant in die saal,
wonderend oor al die gespuis, hoe ek
hulle wil ontduik by die volgende
(dare I say!) familietroue!
Oops……daar lui my telefoon: …………..my
suster het aangekondig sy’s swanger en
vra of ek sal help met die reëlings
van die volgende………..
FAMILIETROUE!!
